Springbokke wen dalk ‘n vakansiedag vir alle Suid-Afrikaners

Deur on

27 Oktober 2023

President Cyril Ramaphosa oorweerg tans versoeke om Maandag, 30 Oktober tot ‘n openbare vakansiedag te verklaar sou die Springbokke weer die Rugby Wêreldbeker huis toe bring.

Die Springbokke speel Saterdagaand (28 Oktober) in die eindstryd van die wêreldbeker teen die All Blacks in Parys Frankryk. Beide spanne gaan daarin poog om die trofee vir die vierde keer te wen.

Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya sê die presidensie is oorval deur versoeke om Maandag as ‘n vakansiedag te verklaar, en dat hy dit oorweeg. Die president sal vanaand na Frankryk vertrek om die Springbokke te gaan ondersteun.

Volgens Magwenya sal Ramaphosa ook die Springbokke by hulle hotel ontmoet om hulle sterkte toe te wens.


Current track

Title

Artist