Speaker se aansoek om inhegtenisneming te keer misluk in die hof

Deur on

2 April 2024

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het die dringende aansoek van die speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, met koste van die hand gewys.

Sy het die hof genader om te keer dat sy in hegtenis geneem word in verband met die korrupsie-aanklagte teen haar. Mapisa-Nqakula word ondersoek weens beweringe dat sy in haar tyd as minister van verdediging en militêre veterane by omkoopgeld van etlike miljoene rand baat gevind het.

Volgens die hof beteken haar reg tot regsverteenwoordiging en ‘n billike verhoor nie dat haar regspan aan die staat kan voorskryf watter proses gevolg moet word nie.

Regter Sulet Potterill het in haar beslissing gesê dat daar geen bewyse is dat die aansoek dringend is nie.

Foto: Soweton Live


Lees verder

Current track

Title

Artist