30 September 2024
Die Spar Groep het die verspreiding van die Namibies-geproduseerde Top Score-vanieljegegeurde kitsmieliepap opgeskort ná bewerings dat drie kinders in die Oos-Kaap dood is nadat hulle die naweek daarvan geëet het.
Die De Freitas Spar-winkel het aangedui dat hy dié produkte van die rakke sal verwyder totdat hulle die forensiese besonderhede en laboratoriumtoetsresultate ontvang het.
‘n Woordvoerder van die internasionale winkelgroep, Mpudi Maubane, sê hulle is geskok en hartseer oor die berigte op sosiale media van die drie kinders se dood.
Die polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Siphokazi Mawisa sê hulle ondersoek die drie se dood en dat hulle eers meer besonderhede sal hê sodra die nadoodse-ondersoeke afgehandel is.