Sosiale media-plasings dat matriekvraestel uitlek is onwaar, sê departement

Deur on

17 November 2023

Die departement van basiese onderwys het berigte ontken dat sekere matriekvraestelle uitgelek het.

Die departement sê in ‘n verklaring fopnuus word op sosiale media versprei, en veroorsaak paniek en verwarring.

Die woordvoerder, Elijah Mhlanga sê verder dat die minister Angie Mothsekga geen aankondiging gemaak het dat sekere vraestelle herskryf moet word nie.

Mhlanga sê die derde week van die matriekeindeksamen kom vandag tot ‘n einde, en dat daar nie ernstige probleme aangemeld is nie. “Dit dien as ‘n bewyse dat die veiligheidsmaatreëls deur die departement tot dusver suksesvol is om die integriteit van die eksamen te beskerm.”

‘n 136 vraestelle van die 231 vraestelle is reeds voltooi. Die laaste vraestel wat alle matriekulante moet skryf, naamlik Afrikaans se vraestel drie word op 1 Desember afgelê. Matriekleerlinge met vakke soos dank en landbou bring die eksamen op 5 Desember tot ‘n einde.


Current track

Title

Artist