SONDAG MET ESTE – VERVOLG

Deur on

WNDK / WNDK KUNS

Esté Gross praat met Manuel Escorcio oor sy lewe, mentors, loopbaan en hoogtepunte wat hom na aan die hart lê. Manuel deel ook van sy gunsteling opnames met luisteraars.
Esté Gross gesels met die koordirigent en sangeres Renette Bouwer. Sy gesels oor haar loopbaan van oor die vier dekades. Renette het vanjaar amptelik afgetree as koordirigent by UJ Choir, maar sal nog vir ‘n wyle betrokke wees om die leisels aan haar opvolger oor te gee. Sy praat oor haar passie vir koorsang, hoe musiek baie ooreenkomste met krale het, deel herinneringe en vertel die stories agter haar gunsteling koorwerke…
Die Steinway pianis Charl du Plessis deel wenke oor wat jy inag moet neem as jy ‘n goeie konsertprogram wil saamstel en deel van sy gunsteling opnames. Charl vertel ook oor die dag wat hy besef het dat hy nie hoef te kies tussen jazz of klassieke musiek nie, maar dat hy albei genres deel kan maak van sy loopbaan.        
Luister na ‘n spesiale huldeblyk uitsending vir die bekende musiekonderwyser en pedagoog, en medestigter van die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie, Claudine van Breda (16 September 1941 – 26 Oktober 2023).
Luister na ‘n spesiale huldeblyk uitsending vir die bekende musiekonderwyser en pedagoog, en medestigter van die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie, Claudine van Breda (16 September 1941 – 26 Oktober 2023).
Die musiekonderwyser Magdaleen Lamey praat met Esté Gross oor ‘n musiekopvoedingsprogram, Musicula wat gemik is op kinders van ses maande tot 8 jaar oud. Luister, speel en wees deel van ‘n heerlike interaktiewe musiekklasaanbieding.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor die gebruik van die kleur blou deur kunstenaars, digters en denkers.
In die tweede deel van Esté Gross se gesprek met Coenie De Villiers deel hy ‘n lewensles wat hy by die Grammy bekroonde Jeremy Lubbock geleer het. De Villiers vertel ook waar hy ‘n dudukspeler kon opspoor om op sy lied Miskien te speel en waar hy die inspirasie vir sy lied Katedraal gekry het. Vir die Youtube-onderhoud gaan na: https://www.youtube.com/watch?v=mtmhdSztZtc&t=1108s
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor Joko Ono, wat beskou word as ‘n pionier van konsepsuele kuns. Dit, na aanleiding van die onlangse vrystelling van die Beatles se Now and Then.
Luister na die eerste deel van Esté Gross se gesprek met Coenie de Villiers. Hy gesels oor sy liefde daarvoor om verskillende musiekstyle bymekaar uit te bring en om samewerkings met ‘n wye uiteenlopende verskeidenheid van musikante aan te pak. Hy praat ook oor klassieke musiek, kabaret, die kunslied, luisterlied, en hoe al die genres en style eintlik verband hou met mekaar. Luister onder meer na sy weergawe van Pie Jesu wat hy saam met Chris Chameleon en Jannie du Toit opgeneem het en sy aangrypende lied, Die tjellis van Sarajevo saam met die kern van die Kaapse Simfonie-orkes.
Het jy al ooit gehoor van die geheime kamer, die Stanza Segrata in Florence? dr. Louisemarié Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent aan die NWU, vertel meer oor die ontdekking en oopstel van ‘n geheime ondergrondse kamer gevul met houtskoolsketse van die meester Michelangelo. Die sketse gee ’n blik op die kunstenaar se skeppende proses, ja, en ook ‘n blik op ‘n misterieuse en onsekere tyd in sy lewe.
Die sanger Coert Grobbelaar vertel waarom S. le Roux Marais (1896-1971) een van die belangrikste komponiste van die Afrikaanse kunslied bly. Luister na opnames van Kom Dans Klaradyn, Heimwee, Geboorte van die Lente, Eenmaal en Mali die slaaf se lied.
Kuifie boeke is al in meer as sewentig tale vertaal. Waarom bly Kuifie so gewild? Doktor Louisemarié Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent aan die NWU, vertel meer oor ‘n digitale uitstalling van die strokiesprent Kuifie (Tintin) van Hergé.
Die vervaardiger, komponis en musikant Jacques Rautenbach praat met Esté Gross oor sy nuwe album Lost, wat in die top vyf posisies op die Suid-Afrikaanse Itunes se Klassieke trefferlys was – en steeds goed vaar. Luister na van die snitte van die nuwe album. Rautenbach praat ook oor sy musiek wat hy as Neo-klassiek beskryf en die verskeidenheid van subkategorieë van genres wat uit klassieke musiek onstaan het.
Hoe is dit moontlik dat daar skynbaar maklik kunswerke gesteel kan word uit ‘n gerekende museum se stoorkamers? Dr. Louisemarie Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent aan die NWU, praat oor die tendens van diefstal uit museums, veral betreffende diefstal uit die Deutche Museum.
CH2 het vanjaar die AITSA gewen vir die beste instrumentale snit, Simone. Dit is van hulle album Rome. Hulle is reeds besig met opnames vir hulle nuwe album, so nuut dat hulle nog nie eers ‘n naam daarvoor het nie… #WNDK sorg weer dat jy heel eerste na die musiek kan luister. Luister eksklusief na een van hulle opnames wat eers amptelik oor ‘n paar maande vrygestel gaan word.
dr. Louisemarié Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent aan die NWU oor die ontdekking, en restorasie van ‘n werk Susanna en die ouderlinge deur die Italiaanse Barokkunstenaar Artemisia Gentileschi.
Esté Gross praat met Johan van Rensburg oor die nalatenskap van die Alibama-studentegeselskap wat 80 jaar gelede gestig is as boeremusiekgroep.
Die groep het oor die jare baie veranderinge ondergaan en het ‘n groot rol gespeel om die skoolrevue kultuur , wat steeds vandag by skole gewild is, te laat posvat. Luister saam na van hulle bekende opnames. Die Alabama-studentegeselskap ontvang daarom vanjaar die FAK prestige-toekenning by vanjaar se Afri-duetfees vir die groep se dekadeslange bydrae tot die Afrikaanse musiekskat en die onuitwisbare spoor wat die groep op ons musieklandskap gelaat het.
Dr. Louisemarie Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent aan die NWU, praat oor die ontdekking van grotskilderye uit die Paleolitiese era in Spanje.
Esté Gross praat met die direkteur van die nuutgestigte Legato Choral Festival and Awards, Tiaan Ras, oor die belangrikheid daarvan om erkenning te gee aan Suid-Afrikaanse kore, komponiste en dirigente. Sy praat ook met die koororganiseerder Maralie Theron, wat ‘n Legato-Toekenning ontvang het vir haar bydrae tot die Suid-Afrikaanse koormusieklandskap.
Dr Louisemarié Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent aan die NWU, praat oor ‘n opwindende en boeiende uitstalling wat vanjaar by die die Metropolitaanse kunsmuseum geopen het. Van groot belang is die bekende skildery Olympia uit 1863 deur Edouard Manet. Sy praat oor haar oë en die magspel wat inherent is aan haar kykhandeling.
Esté Gross gesels op Erfenisdag met Marleen Boshoff oor die Playford Plaas Partytjie, ‘n musiek en dans program saamgestel uit die 1651 publikasie Playford’s Dancing Master. Vind meer uit oor die musiek, kostuums en die unieke choreografie van die danse. Die dansers en orkeslede praat ook oor waarom hulle besluit het om betrokke te raak by die projek.
Dr. Louisemarié Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor wat kuns betekenis gee. Wat is dit wat ons so trek na ʼn werk, en ons boei, en ons na voller, meer verruimde mense laat voel? Wat maak dan dat jy viervoet vassteek voor ʼn skildery, na hom staar met ʼn effe glasige uitdrukking, so asof jy so pas ʼn hogere openbaring ervaar het?
September is wêreldwyd Alzheimer maand. Dit is algemeen bekend dat musiekterapie voordelig aangewend kan word om mense wat met Alzheimer’s en dimensie leef, se lewensgehalte te verbeter. Esté Gross vind meer uit oor hoe die terapie aangepas word vir elke pasiënt se individuele behoeftes en hoe so ‘n musiekterapiesessie aangepak sal word. Sy praat met Welma Geldenhuys van die Vereniging vir Dimensie en Alzheimer’s van Suid-Afrika en ‘n musiekterapeut, Liesl du Plessis.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU, praat oor ‘n skildery deur Vincent van Gogh wat uit ‘n museum in Nederland gesteel is tydens die Covid-pandemie in Maart 2020. Die skildery is in Maart vanjaar terugbesorg deur ‘n anonieme persoon. Die werk heet Die pastorietuin te Nuenen in die lente of dan “The Parsonage Garden at Nuenen in Spring”. Die skildery is in borrelplastiek, in ʼn winkelsak gebring na die huis van ʼn privaatspeurder wat in kunsdiefstal en -misdaad spesialiseer.
Esté Gross praat met die liedjieskrywer en sanger Jannie du Toit en die dirigent van die FAK-Jeugsimfonieorkes, Jaco van Staden oor ‘n spesiale Erfenisdagkonsert op 24 September by die Voortrekkermonument waar Jannie en Christa Steyn se musiek gevier word. Hulle musiek het oor die jare deel van die Afrikaanse musiekskat geword.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor ikoniese Dawid-standbeeld van die Italiaanse meester Michelangelo Buonarroti (1475-1564) wat in Florence gehuisves word. Die werk het vroeër vanjaar die nuus gehaal toe ʼn onderwyser van die Amerikaanse dorp Tallahasee ʼn foto van die beeld vir skoolkinders gewys het – sonder om die ouers vooraf te waarsku dat die kinders aan ʼn beeld van ʼn naakte man blootgestel gaan word. ʼn Debakel het gevolg en die skoolhoof het bedank.
Esté gesels met Arina de Witt oor haar loopbaan, van haar eerste groot treffer, Rietjiesfluit. Sy praat ook oor haar liefde vir ‘n wyd verskeidenheid van genres, waarom sy steeds elke oomblik op die verhoog geniet en haar planne vir die toekoms.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU, praat oor ‘n skildery van die Amerikaanse skilder NC Wyeth, wat vir $4 in ‘n pandjieswinkel opgeraap is. Die skildery is na raming sowat $250 000 werd.
Die sopraan, Vita Wilkens gesels oor die produksie Shaken not Stirred, wat op 2 September, op Internasionale Aasvoël bewustheidsdag by die Atterbury Teater plaasvind. Die musiekproduksie van filmmusiek bestaan uit musiek spesiaal verwerk vir drie stemme en twee klaviere. Die sangers is die baritonne Dewald Grobler en Johan Schlebusch en pianiste Catrien Wentink en Chanie Jonker. Luister ook na nuwe klassieke musiek vrystellings.
dr. Louisemarié Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent verbonde aan die NWU vertel meer oor gesteelde kunsartefakte…
Die sangeres Veramarie kuier op WNDK. Sy vertel oor opwindende nuwe projekte. Luister eksklusief na haar nuwe opnames van volksliedjies.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU, praat oor die leunende toring van Pisa wat in Augustus 850 jaar oud is. Die konstruksie van die toring is op 9 Augustus 1173 begin en is oor ‘n tydperk van twee eeue voltooi.
Die Suid-Afrikaanse dirigent en musikant Richter Grimbeek praat oor die ryk musiekkultuur in Oostenryk. Luister ook hoe lekker sing die Oostenrykers Anton Goosen se Klein bietjie wyn…
dr. Louisemarié Combrink, kunsgeskiedenisdosent aan die NWU gee raad oor hoe jy jou skilderye kan hang.
WNDK – Die sangeres Nianell praat oor hoe sy inspirasie put uit verskillende musiekgenres wanneer sy musiek skryf. Sy deel diep sake van die hart, praat oor haar pad wat sy gestap het om vertroud te raak met haar eie stem en vertel meer oor haar werk as mentor. In die onderhoud praat sy ook terugskouend oor die beginjare van haar loopbaan met die internasionale treffer Who painted the Moon Black, deel musiek van haar nuwe album en praat oor opwindende planne vir die toekoms.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent dosent verbonde aan die NWU praat in die insetsel WNDK- KUNS oor kuns wat na die maan gestuur word, en artefakte wat reeds op die maan is. Theartpaper.com berig oor ‘n nuwe ruimteprojek wat ten doel het om duisende kunswerke na die maan te stuur. Die projek word die maankodeks of Lunar Codex genoem en is geloods deur die wetenskaplike en wetenskapsfiksieskrywer, Benjamin Sutton.

Lees verder

Volgende artikel

Op pad na 1994


Thumbnail
Current track

Title

Artist