WNDK EN WNDK Kuns – Vir navrae stuur ‘n e-pos na este@pretoriafm.co.za
Luister weer na Dr. Louisemarie Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent verbonde aan die NWU, oor ‘n deurskynende kunswerk wat vir duisende dollars verkoop is.
Esté Gross gesels met die musiekvervaardiger en pianis Jaconell Mouton en violis Evert van Niekerk, oor hulle nuwe kersalbum MERRY MOMENTS.
Heruitsending – Breyten Breytenbach
Die fluitis, Wouter Kellerman is onlangs vir sy vyfde Grammy benoem vir sy jongste album Triveni. Luister na die onderhoud wat Esté Gross met Wouter Kellerman gevoer het, nadat hy sy tweede Grammy in 2022 Suid-Afrika toe gebring het vir Bayete. Sy skakel ook Kellerman om te praat oor sy jongste Grammy benoeming en speel ‘n enkelsnit van sy nuwe album Triveni, wat beteken “die samevloeiing van drie riviere”
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenis dosent verbonde aan die NWU, praat oor die onderskeie maniere hoe kuns geïnterpreteer kan word. Het jy die konteks en bedoeling van die kunstenaar nodig, of nie?
Esté Gross praat met Joshua na die Reën oor sy liedjies wat vir kore verwerk is, vind uit wat hom inspireer en waarom die natuur so sentrale rol in sy komposisies speel.
Nataniël het eksklusief sy CD van sy veelbekroonde produksie Mass for the Good Princes op WNDK bekend gestel. Die produksie het ‘n driekuns met Aardklop-eerbewyse behaal. Dit is aangewys as beste musiekgedrewe produksie, beste algehele aanbieding, en as mees grensverskuiwende werk. Die werk word slegs uitgereik op CD en sal net te koop by Nataniël se uitvoerings wees. Dit gaan nie op digitale musiek platforms beskikbaar wees nie. Hier kan jy luister na die volledige onderhoud wat Esté Gross met Nataniël gevoer het. Die musiek is weens die eksklusiewe aard van die onderhoud, nie beskikbaar nie.
In 2024 is twee groot bakens in die geskiedenis van kerkmusiek gevier. Die eerste is die 500jarige herdenking van die eerste protestantse liedboek wat in 1524 deur Maarten Luther uitgegee is. Die Tweede is die volledige Psalm en gesangboek in 1944. Esté Gross praat met Dr. Christo Pretorius, ds. Hannes van der Merwe en Braam van Tonder hieroor.
Wat behels dit om ‘n kunskurator te wees? Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent verbonde aan die NWU verduidelik.
Esté Gross praat met die musieklegende, musiekverwerker, komponis en pianis Johan van Rensburg, wat in Oktober sy 80ste verjaardag gevier het. Hy deel hoogtepunte uit sy loopbaan, en praat oor die wendings in sy lewe wat hom op ‘n interessante en kreatiewe musiekpad gelei het. Luister ook na talle kenwysies wat hy oor die jare vir TV gekomponeer het, van Nommer asb, Wilna Varieté, Maplotters ens.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent verbonde aan die NWU, praat oor die tekort aan bekende vrouekunstenaars in kunsgeskiedenis.
Esté Gross praat met Albertus Bekker oor die kuns van vioolbou. Hy vertel ook oor hoe elke viol sy eie unieke stem het.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor die Italiaanse kunstenaar Salvatore Garau wat onlangs ‘n onsigbare beeldhouwerk – ‘n werk wat uit niks bestaan nie – vir meer as $18,000 verkoop het.
Esté Gross praat met Dr. Marius Small-Smith, ‘n neurochirurg wat saam met die vervaardiger Mauritz Lotz aangrypende instrumentale musiek vervaardig het.
Wat presies bedoel mense as hulle praat van kontemporêre kuns? Dr. Louisemarie Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent verbonde aan die NWU vertel meer.
Die koorleier Hannelie van Sittert gesels met Esté Gross oor die Magaliesberg Kinderkoor se toer na Europa in Desember. Sy vertel ook meer oor die Mansh Internasionale fees en kompetisie wat in Januarie 2025 plaasvind. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 Oktober 2024.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenis dosent verbonde aan die NWU vertel meer oor die kunswerk van die Nederlandsgebore Suid-Afrikaanse kunstenaar Frans Oerder se werk wat op die BBC se Antiques Roadshow geëien is.
Die pianis Dr. Charl du Plessis gesels met Esté Gross oor die nuutgestigte platform die nie-winsgewende Capital Music Association ‘n webwerf, www.capitalmusic.org wat dit sommer baie makliker gaan maak om inligting oor musiekgeleenthede op te spoor.
Dr. Louisemarié Combrink vertel meer oor Vladimir Tretchikoff se werk. Vind uit wat die nuutste klassieke vrystelling is en waar jy klassieke musiek kan ondersteun in die konsertgids.
Esté Gross praat met Professor Johan Fereirra oor die South Africa International Woodwind Competition wat van 24-28 September 2024 by die Odeion Skool vir Musiek by die Universiteit van die Vrystaat plaasvind. Johan Fereirra praat ook as hobo speller oor sy belewenis daarvan om kaalvoet ‘n uitvoering in ‘n kerk en teater te gee. Luister ook heel eerste na die Vox Chamber Choir se treffende keurspel van Laurika Rauch se bekendste treffers.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent verbonde aan die NWU vertel meer oor die uitstalling “Poets and lovers” van die skilder Vincent van Gogh se werk by die Nasionale Gallery in Londen.
Die Universiteit Tuks Camerata maak geskiedenis deur die eerste koor uit Afrika te word wat genooi is om as hoofkunstenaar by ACDA (Die nasionale konferensie van die American Choral Directors Association) in Dallas, Texas op te tree. Luister ook eksklusief en vir die heel eerste keer na musieksnitte van die wêreldklas koor se nuwe album af. Die album sal eers volgende jaar Februarie aan die publiek bekendgestel word. Esté Gross praat met die dirigent van die TUKS Camerata, dr. Michael Barret, oor die opwindende projekte en planne wat vir die koor voorlê.
Dr, Louisemarié Combrink, senior kunsgeskieskiedenis dosent verbonde aan die NWU praat oor melancholie in in kuns
Esté Gross praat met die koordirigent van Laerskool Constantiapark, Annelie van Rooyen oor haar koor wat die Legato toekenning vir musikale uitnemendheid ontvang het. Die koordirigent Renette Bouwer is ook tydens die geleentheid vereer vir haar uitsonderlike bydrae tot die Suid-Afrikaanse koormusieklandskap. Bouwer, wat vanjaar aftree, is die dirigent van die bekroonde UJ-Koor asook die Afrikaanse Hoër Meisies Meisieskool Pretoria Blou Engele. Sy vertel wat die toekenning vir haar beteken. Luister ook na opnames wat by die Legato Toennings van 2024 gemaak is.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor die skildery van Bartholomeus Vermuyden wat vir eeue verkeerdelik aangesien is as Jan van Riebeeck.
Emeritus Professor Wessel van Wyk gesels met Esté Gross oor sy roemryke loopbaan as uitvoerende pianis en dosent. Hy deel ook van sy gunsteling herinneringe en opnames wat hy oor die jare gemaak het.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent verbonde aan die NWU – praat oor die fotograaf Jacob Riis (1849-1914). Riis het sy kamera ingespan om die aandag te vestig op die lot van straatkinders, werklose immigrante en ander vorme van swaarkry.
Luister vir die heel eerste keer na die bekroonde komponis, Franco Prinsloo se nuwe album BY ALLE SKONE DINGE. Die album bestaande uit kunsliedere en word gesing deur die bariton Chris Vale, wat deur die pianis Eugene Joubert begelei word.
Dr. Louisemarié Combrink, senior-kunsgeskiedenisdosent verbonde aan die NWU deel interessante inligting oor Stonehenge.
Esté Gross praat met die klavier duo CH2 oor hulle splinetrnuwe album All about Now. Luister eksklusief vir die heel eerste keer na van die snitte op WNDK. Die album word eers in September vrygestel.
Dr. Louisemarié Combrink, kunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor die nuwe hondemuseum in die Kaap en vertel van ander vreemde museums oor die wêreld heen.
Esté Gross praat met die bekroonde digter, afgetrede Prof. Cas Vos oor sy nuwe digbundel Wisselende Stemme, uitgegee deur Naledi. Luister ook na die musiek van onder andere Bach, Beethoven en Mozart wat gedien het as inspirasie vir van die gedigte.
Dr. Louisemarié Combrink, kunsgeskiedenis verbonde aan die NWU praat oor die Russies-Franse abstrakte kunstenaar Wassily Kandinsky, en sinestesie – wanneer een sintuiglike ervaring onwillekeurig ‘n ander sintuiglike ervaring aktiveer. Kandinsky sou vertel dat hy besef het dat hy kleure kan hoor, en klanke kan sien.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent verbonde aan die NWU praat oor medajes wat eertyds toegeken is aan kunstenaars by die Olimpiese Spele
Esté Gross praat met Zanta Hofmeyr oor die reeks konserte wat die Take Four klavier kwartet vir Vrouemaand in Augustus beplan. Hulle praat ook oor musiek , die dissipline wat dit verg en die betekenis daarvan om jou eie klank te vind.
Dr. Louisemarié Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor die Rouen-katedraal een van die bekendstes in Frankryk, en die spitstoring wat op ‘n tyd beskou is as die hoogste struktuur in die wêreld. Die katedraal is onder kunsliefhebbers veral bekend vir die reeks skilderye wat die Impressionis Claude Monet gemaak het van hierdie gebou, en dan spesifiek onder verskillende weersomstandighede en verskillende tye van die dag. Monet se ateljee was vir ‘n tyd lank reg oorkant die katedraal, sodat hy ‘n duidelike uitsig daarop gehad het.
Esté Gross gesels met die kitaar (Douw Steyn) en viol (Herman Steyn) duo Decca.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent verbonde aan die NWU praat oor die brand wat onlangs uitgebreek het in die Rouen-katedraal se spitstoring
Die internasionaal bekroonde pianis, Ben Schoeman, praat met Esté Gross oor sy en Tessa Uys se reeks suksesvolle opnames van Ludwig van Beethoven se simfonieë (verwerk vir klavier deur Xaver Scharwenka) onder die etiket SOMM Recordings.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU vertel meer oor die bestandele waaruit olieverf gemaak word en waarom ‘n enkele buisie verf so duur kan wees.
Die tenoor Louis Loock praat oor alles van optredes, sy talent as mimiekkunstenaar, sy werk as prokureur, sy liefde vir skilder en tennisafrigting.
Die senior kunsgeskiedenis dosent aan die NWU. Dr. Louisemarié Combrink praat oor kunsartefakte wat gesteel en (soms) teruggevind word.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU, vertel meer oor die Mexikaanse skilder Freda Kahlo en haar magies werke…
Luister na die eerste deel van Esté Gross se gesprek met die dirigent Richard Cock. Sy vind meer uit oor die jare toe hy van plan was om ‘n boer te word en sy studies in London. Hy het dit selfs op ‘n keer oorweeg om ‘n monnik te word, maar die lewe het elke keer ‘n ander wending met hom geneem…
Die kunsjoernalis AJ Opperman vertel meer oor Marlene van Niekerk se Agaat, wat vanjaar twintig jaar gelede verskyn het.
Luister na die tweede deel van Esté se gesprek met die koordirigent, Prof. Petru Gräbe. Hy vertel watter impak die Tukkie koor op sy lewe gehad het.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU, vertel meer oor die portretskilder Julia Margaret Cameron.
Luister na die tweede deel van Esté se gesprek met die koordirigent, Prof. Petru Gräbe. Hy vertel watter impak die Tukkie koor op sy lewe gehad het.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU, vertel meer oor die portretskilder Julia Margaret Cameron.
Luister na die eerste deel van die onderhoud met die dirigent Professor Petru Gräbe, ‘n mentor vir vele in die Suid-Afrikaanse koorwêreld. Hy praat onder meer oor sy jare as dirigent van die Pretoriase kinderkoor, Tukkie-koor en Cantamus Corde.
Wat dink jy van die eerste amptelike skildery van Koning Charles III? Die portret is onlangs deur die Britse skilder Jonathan Yeo onthul, en het uiteenlopende reaksie uitgelok. Yeo het aan die BBC gesê dat Koning Charles III self glo aanvanklik ietwat verras is deur die sterk kleurgebruik in die skildery, maar het daarna goedkeurend geglimlag… Dr. Louisemarié Combrink senior kunsgeskiedenis verbonde aan die NWU gee haar indrukke oor die portret.
Die musikale Mitas gesin kom kuier vir Moedersdag in die ateljee. Hulle kom gesels oor hoe musiek en geloof hulle as gesin saamsnoer. Luister na Pa Edwin Mitas, op klarinet, Ma Andrea op klavier en dogters Emily (viool) en Emlynne (sang).
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die Noordwes-Universiteit praat oor die bekende skildery Die kreet, van Edvard Munch
Die komponis, pianis en musiekregisseur van onder meer Pretville, Liefling en French Toast, Machiel Roets – kuier in die ateljee. Hy deel van sy komposisies van sy nuwe klavieralbum, Siel, passie en klavier en praat oor die nuwe produksie Pinocchio wat binnekort by die Pierneefteater te sien is.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent verbonde aan die NWU praat oor die ontstaan van surrealisme.
Esté Gross het spesiaal gaan kuier in Kimberley om meer uit te vind oor die Kimberley Akademie vir Musiek (KAM) wat vanjaar hulle dertigste bestaansjaar vier.
Dr. Louisemarié Combrink praat oor die waarde daarvan om enkele ure opsy te sit om saam met ander kunstenaars kuns te skep.
Die komponis, musiekregisseur, en komponis, Deveroux van der Hoven-Oosthuizen, in die musiekwêreld bekend as Deedee Oosthuizen, kuier in die ateljee
Dr. Louisemarié Combrink vertel meer oor rekenaarspeletjies as kunsvorm. Bly ook op hoogte van die nuutste klassieke vrystellings en die konsertgids.
Luister na die musiek van Cantina Brass. Die orkes bestaande uit van 7-12 lede is in 2014 gestig deur voormalige lede van ‘n verskeidenheid blaasorkeste in Pretoria. Die groep het begin met Big Band en Swing standaarde, en toe pop, rock en ander kontemporêre genres bygevoeg. Hulle noem hulle musiekstyl “World Brass” of te wel wêreld koperblaasmusiek.
In WNDK kunsbydrae praat dr. Louisemarié Combrink oor Vincent Van Gogh
Esté Gross praat met die pianis Charl du Plessis oor sy gunsteling oorsese bestemmings en opwindende projekte en konserte wat voorlê. Luister ook na die nuutste klassieke musiekvrystellings
In die WNDK kunsbydrae praat dr. Louisemarié Combrink oor Pablo Picasso en sy “muses” en die donker kant van die Spaanse kunstenaar. Vind ook uit in die konsertgids, waar jy klassieke musiek kan ondersteun.
Dr. Engelette Kruger praat oor die identiteit van musikante en die ineengevlegde skeidslyn tussen die konsep van die self en beroep. Luister ook na Engelette se klavier opnames van Al lê die berge nog so blou en Die Mannetjie.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor Michelangelo se treffende werk, die bewening van Christus, of te wel Pietá.
Esté Gross praat met die wêreldbekende bariton, die Suid-Afrikaner William Berger. Berger is ook nou onlangs bekroon met ‘n Fleur de Cap as beste byspeler vir sy vertolking van Max in die musiekblyspel, The Sound of Music. Hy gesels oor die vername operarolle wat hy vertolk het, en sy lewe as wêreldreisiger, en planne vir die toekoms.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenis dosent aan die NWU, praat oor die gedagte van ‘n tuin as skeppende vriend met verwysing na ‘n meer filosofiese refleksie op tuinmaak en kunstenaarskap.
Die Suid-Afrikaanse dirigent, Prof. Johann van der Sandt, kom kuier in die WNDK ateljee. Hy en sy gesin woon in Bolzano, Suid-Tirool in Italië. Hy is tans verbonde aan The Free University of Bozen-Bolzano, en spesialiseer in koormusiek opvoeding en “Community” musiek. Van der Sandt verduidelik waarom hy die term “community” bo “gemeenskap” in die konteks verkies, en gesels oor sy onlangse “Ja! vir die lewe” koorprojek, oudisievrye-kore en hoe mense, die gemeenskap – bates vir mekaar kan wees.
Dr. Louisemarié Combrink senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU, vertel ook meer oor kuns wat onlangs van die kunstenaar vervals is, en waarom Banksy so gewild bly.
Die multiplatinum verkoper, die pianis Martin Lane, kuier in die ateljee. Hy deel van sy gewilde opnames en deel staaltjies uit die verlede.
Dr. Louisemarié Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor die skildery Flaming June (1895) van die skilder Sir Frederic Leighton (1830-1896). Hierdie skildery is tans in die nuus omdat dit eersdaags by die Royal Academy in London ten toongestel word – dit is ‘n leenstuk van die Museo de Arte de Ponce, in Puerto Rico. Vind ook uit waarom die (toe nog onbekende) komponis, Sir Andrew Lloyd-Webber se ouma destyds geweier het om vir hom £50 te leen sodat hy die skildery kon koop…
Die sanger en akteur, Matt Stern gesels oor sy liefde vir musiekteater, toneelspeel en sy liefde vir ‘n verskeidenheid van musiekgenres.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor die opkoms van Impressionisme sowat ‘n 150 jaar terug.
Susan Botha vind meer uit oor die Wakkerstroom-Musiekfees se program tussen 21-24 Maart 2024
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor skilders en hulle ongewone troeteldiere.
Estè Gross vind meer uit oor die Pretoria Eisteddfod wat vanjaar 101 jaar oud is. Die inskrywings open in Maart
Dr. Louisemarié Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor outsider kuns, of te wel buitestaankuns. Sy verwys ook na die Uilhuis in Nieu-Betesda
Dr. Thinus Boshoff bekende kitaarspeler en die kitaarbouer Hans van den Berg, kuier in die ateljee en gesels oor ‘n nuwe kitaarreeks wat hulle ontwerp het.
Waarom word kunswerke dikwels bestook met kos deur omgewingsaktiviste? Dr. Louisemarié Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat hieroor, na aanleiding van die Mona Lisa wat onlangs met sop bestook is. Sy is darem beskerm deur glas, so die misterieuse vrou met die geheimsinnige glimlag het ongedeerd daarvan afgekom.
Esté Gross praat met die dirigent, Fransehoringspeler en musiekonderwyser, Jaco van Staden oor die 15de Internasionale Unisa Klavierkompetisie wat op Saterdag 3 Februarie ten einde geloop het. Van Staden deel ook inligting van opwindende konserte wat vanjaar voorlê.
Dr. Louisemarié Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor die oorsprong van die mitiese eenhoringperd en die simboliese betekenis wat daaraan geheg word. Sy vertel ook meer oor die uitstalling UNICORN wat tans in die Perth-museum in Skotland te sien is.
The Sound of Music is, na ‘n baie suksesvolle speelvak in Kaapstad, nou van 27 Januarie – 3 Maart 2024 te sien in by die Teatro by Montecasino in Johannesburg. Esté Gross gesels met van die sangers wat van die hoofrolle vertolk, oor hoe die musiekblyspel, wat vir die eerste keer opgevoer is in 1959 ,steeds relevant en geliefd bly vir vandag se gehoor.
Dr. Louisemarié Combrink, seniorkunsgeskiedenisdosent aan die NWU, praat oor die skilder, Lucian Michael Freud (1922-2011), kleinseun van die sielkundige Sigmund Freud.
Die konsertorrelis, Dr. Isabelle van Rensburg praat oor die nuwe tendense in orrelmusiek.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunssgeskiedenisdosent aan die NWU praat oor Breyten Breytenbach se skilderkuns
Esté Gross praat met die tjellis en dirigent, Carel Henn.
Dr. Louisemarié Combrink, senior kunsgeskiedenisdosent verbonde aan die NWU praat oor die ooreenkomste tussen die werskwyse van atlete en kunstenaars.