Solidariteit publiseer tenderdokument wat wys op beweerde vaardigheidstekort in Eskom

Deur on

11 Augustus 2022

Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn tenderdokument van Eskom gepubliseer waarin die nutsdiens vroeër vanjaar na kritieke vaardighede gesoek het.

Luidens ‘n verklaring van Solidariteit het hulle besluit om die dokument te publiseer in reaksie op Eskom se hoof van menslike hulpbronne wat beweer het dat daar nie ʼn vaardigheidstekort by Eskom is nie.

Solidariteit se bestuurshoof, dr. Dirk Hermann, sê die vaardigheidstekort by Eskom kan nie aangepak word as senior personeel dit nie erken nie.

Die tenderdokument sluit onder meer projekbestuurders, onderhoudsbestuurders en kundigheid om eenhede by kragstasies weer in diens te stel in.

Volgens Hermann maak dié tenderdokument self melding van ʼn grootskaalse uittog van vaardighede en ʼn massiewe breinkwyn binne Eskom, wat kragopwekking betref.


Current track

Title

Artist