Solidariteit maan Ramaphosa: Onderteken NGV en hofstukke volg

Deur on

14 Mei 2024

Die Solidariteitbeweging sê hy het vandag ‘n dringende skrywe aan president Cyril Ramaphosa gestuur waarin hy gemaan word om nie voort te gaan met sy plan om môre (15 Mei) die Nasionale Gesondheidsversekering-wet (NGV) te onderteken nie.

Volgens die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann, sal dié organisasie met regstappe begin binne die eerste uur ná die wetgewing onderteken is.

“Die NGV-wetsontwerp is populisties, irrasioneel en onbekostigbaar. Om die hele land se gesondheid ter wille van stemme in gevaar te stel, is geweldig roekeloos,” sê Hermann. 

Hermann het daarop gewys dat daar ook tydens ‘n regsproses ‘n kostebevel teen Ramaphosa en die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, in hul persoonlike hoedanigheid aangevra sal word.

Hy sê dit volg ná verskeie waarskuwings wat reeds aan Ramaphosa gerig is dat die NGV onder andere onbekostigbaar is.


Lees verder

Current track

Title

Artist