Solidariteit Beweging gee voorwaardelike steun aan ʼn veelpartyregering

Deur on

6 Junie 2024

Solidariteit en AfriForum, het tydens ‘n mediakonferensie vanoggend sy voorwaardelike steun gegee vir ʼn tipe veelpartyregering, met die uitsluiting van radikale partye, omdat die ANC, volgens die Solidariteit Beweging nie vertrou kan word om alleen te regeer nie.

Die Beweging het ook gesê hy sal deelneem aan ‘n nasionale dialoog om Suid-Afrika op ‘n nuwe pad te plaas.

Die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys sê egter dat hulle steun onderhewig is aan sekere voorwaardes. “Daar behoort ‘n politieke ruimte vir kulturele selfverwesenliking te wees, die BELA-konsepwet, en die NGV-wet moet geskrap word en ‘n marvriendelike omgewing moet geskep word vir die ekonomie om te groei.”

Buys sê die Beweging onderneem ook om, as bevredigende ooreenkomste bereik word, op groot skaal betrokke te raak by die verskaffing van vaardighede, infrastruktuurprojekte, soos water en sanitasie, gemeenskapbeveiliging en landbouprojekte in landelike gebiede.

Die Beweging het ook bevestig dat hy reeds informeel in gesprek is met die meeste partye wat by koalisiegesprekke betrokke is. Sy voorwaardes is ook reeds deurgegee.


Current track

Title

Artist