SOE bekom bevel om R22-miljoen van Digital Vibes te bevries

Deur on

23 Junie 2021

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het in ‘n verklaring bevestig dat hy ‘n bevel toegestaan is waarvolgens R22-miljoen van die bank- en beleggingsrekeninge van die omstrede maatskappy,  Digital Vibes bevries kan word.

Dié maatskappy was onlangs in die nuus rakende ‘n kontrak van R150-miljoen, wat glo aan die maatskappy toegeken is vir die organisering van die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize se mediaverpligtinge. 

Hy hou vol dat hy nie by die kontrak gebaat het nie, maar is weens dié kontrak op spesiale verlof geplaas. 

LEES OOK: MINISTER EN FAMILIE GAAN ALLE DIGITAL VIBES-VOORDELE TERUGBETAAL

Die SOE se woordvoerder, Kaizer Kganyago sê luidens ’n bevel van die spesiale tribunaalhof word onder andere die Digital Vibes werknemers Tahera Mather en Naadhira Mitha ook verbied om die geld in die betrokke rekeninge te hanteer.

Dié stap kom te midde van die SOE se ondersoek na beweerde ongerymdhede by Digital Vibes.

Kganyago sê die ondersoek is steeds aan die gang, maar meen voorlopige ondersoeke dui daarop dat daar wel twee groot transaksies was, wat moontlik onreëlmatig en onwettig kon wees.

LEES OOK: MINISTER VRA OM VERSKONING OOR DIGITAL VIBES-DEBAKEL

Hy sê die SOE sal die spesiale tribunaalhof binne 30 werksdae nader om hersieningsverrigtinge te begin en om ’n bevel te kry om geld terug te kry wat die regering glo weens die onreëlmatige kontrak verloor het.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.


Current track

Title

Artist