SKUINS VOOR POUSE

Deur on

In hierdie program val die fokus op skole en onderwys aangeleenthede

Die belangrikheid van wiskunde.
Onderwys is ’n baie belangrike professie aangesien onderwysers een van die primêre opvoedende rolspelers in kinders se lewens is. Om goeie onderwysers op te lei is dus ’n krities belangrike saak. Een van die aspekte wat deel vorm van die opleidingsproses is die praktiese onderwys. Hierdie deel van die opleiding verteenwoordig ’n waardevolle leerskool waar die student geleidelik vertroud kan raak met ’n verskeidenheid skoolkontekste. Dr. Maretha Steyn is Departementshoof: Opvoedkundestudie en dosent in Kurrikulumstudies asook programkoördineerder: BEd by Akademia, en sy sluit by ons aan.
Generasies toon gemeenskaplike kenmerke of gedeelde karaktereienskappe wat gevorm word op grond van die tydperk waarin hulle gebore word. Die verskillende generasies beïnvloed ook onderrig- en leerstrategieë. Dit is belangrik om na te dink oor hoe ons steeds op ‘n skriftuurlike wyse leerders (veral in die hoërskool) onderrig wat eintlik bekend staan as digitale burgers. Johan Koekemoer is hoof van onderrig en leer by die Skoleondersteuningsentrum en hy sluit by Skuins voor Pouse aan.

Current track

Title

Artist