SKUINS VOOR POUSE – 2021

Deur on Sep 22, 2021

In hierdie program val die fokus op skole en onderwys aangeleenthede

20 Jan- Hoe veilig is Whatsapp in die skool? Ek gesels met Riaan van der Bergh, onderwystegnologie bestuurder van FEDSAS.
27 Jan- Onderwys in 2021 – Die gas is Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die Skole Ondersteuningsentrum.
3 Feb- Covid19 stuit nie akedemie by Akademia nie. Die gas is Paul Vogel, die operasionele hoof by Akademia.
10 Feb- MD gesels met Chanelle Stewart, ‘n spraakterapeut oor spraak en taalontwikkeling en kyk ook watse invloed die dra van ‘n masker op die ontwikkeling kan hê.
17 Feb- Hoekom is die potlood greep belangrik? Die gas is Magdi Kruger – ‘n arbeidsterapeut met haar eie praktyk wat spesialiseer in die ontwikkeling en stimulering van die handspiere.
24 Feb- Moedertaal-, dubbelmedium- en of tweedetaalonderrig, wat moet ons kies? Die gas is Wietske Boon is ‘n spelterapeut met eie praktyk wat spesialiseer in die begeleiding van kinders en adolessente.
3 Maart- Klasgee tydens Covid19 (vrae en vrese). Die gas is Nolene Rust, ‘n spelterapeut met haar eie praktyk wat spesialiseer in die begeleiding van kinders d.m.v. spelterapie. Sy fokus ook op remediërende onderrig.
10 Maart- Die skool sektor staan so bietjie op sy kop met al die nuwe Covid regulasies. Ons gesels vandag oor SBL verkiesings en stem prosesse. Die gas is Ben Ferreira is die Provinsiale Bestuurder Gauteng by FEDSAS.
17 Maart- Riaan Grobler gesels in Skuins voor pouse met Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die Skole ondersteuningsentrum oor die SOS se verslag oor die nasionale matriekuitslae
24 Maart: Die jaar 2020 en so ook 2021 was een waarin veral skole, onderwysers, ouers en leerders op unieke maniere uitgedaag is en nuwe planne moes maak om te verseker dat daar nie te veel skooltyd verlore gaan nie. Dit geld natuurlik ook vir Graad R. Graad R is al ‘n hele aantal jare deel van laerskole en ons begin nou toenemend hoor die regering praat van Graad RR wat ook verpligte onderwys gaan word. Tema: Die belangrikheid van Graad R en hoekom? Ek gesels met Tilana Knafo, dosent by die Grondslagfase departement van AROS
31 Maart: Ons beleef ongekende onskere tye wat ook verseker ‘n invloed het op graad 11 en 12’s wat belangrike loopbaankeuses moet maak. Ons gesels oor die moontlikhede vir graad 11 en 12’s asook hoe verskillende loopbaangeleenthede steeds binne Covid19 verwante regulasies aan hulle bekend gestel word. Die gas is Sonia Roux ‘n Opvoedkundige Sielkundige.
7 April- Hoe het dit gegaan met die skoolbeheerliggaam verkiesings (SBL). Wat is die rol en funksie van die skoolbeheerliggaam (BL). Ek gesels met Ben Ferreira, Provinsiale Bestuurder Gauteng by FEDSAS.
14 April- Ons sien dat die waarde van gesonde eetgewoontes heeltemal onderskat word, veral omdat ons voortdurend gebombardeer word met allerlei soorte geriefsvoedsel wat te kus en te keur is. Vandag se tema: Gesonde kos vir kinderbreine. Die gas is Tharien Bezuidenhout is ʼn geregistreerde dieetkundige in Pretoria en het haar M-Nutrition oor ‘Allergieë in kinders’ gedoen.
21 April- Tema – Wiskunde is vir almal. Die gas is Morne Smit, die akademiese adjunkhoof van Hoër Volkskool Potchefstroom en ‘n nasionaal bekroonde wiskunde onderwyser.
28 April- Ons het verlede week met ‘n adjunkhoof van ‘n hoërskool gesels wat so passievol oor wiskunde is. Hy het ‘n interessante opmerking gemaak oor hoe belangrik dit is dat die boustene vir suksesvolle bemeestering van wiskunde in die laerskool gelê word. Vandag se tema – Klop wiskunde uitdagings. Die gas is Dr. Elizma Louw, ‘n dosent by Aros.
5 Mei- Dit is weer die tyd van die jaar waar advertensies en kennisgewings vir skole se opedae nou orals teen die lamppale pryk. Hoe maak mens as ouer die regte keuse en waarna behoort ouers op te let? My gas is Saskia Meijer, Uitvoerende Hoof van die ICO.
12 Mei- Aanlyn-sekuriteit is ‘n onderwerp wat altyd relevant gaan bly aangesien ons hele samelewing al hoe meer aanlyn funksioneer.  Leerders in sekere marksegmente het toegang tot slim toestelle en ook oor onbeperkte of hoë volumes data.  Kinders met fone is meer die norm as kinders daarsonder. Ons gesels oor die voordele en nadele van die inligtingsnelweg op die wêreldwye web. My gas is Riaan van der Bergh, onderwystegnologie bestuurder van FEDSAS.
19 Mei- : Ons weet dat 2020 besondere uitdagings aan die skoolsektor gelewer het. Die gevolge hiervan word nou deur onderwysers in die klaskamer ervaar. Die afgelope week was daar juis ‘n artikel in ‘n bekende dagblad wat beweer dat daar al hoe meer akademiese agterstande dreig a.g.v. die gebrek aan tyd wat in die klas deurgebring is. Tema: Hoe het Covid die graad 4 leerder se akademiese vordering beïnvloed? Gas: Marnelda de Beer, onderwysspesialis van die Skole Ondersteuning Sentrum.
26 Mei- ): Lees en die impak van geletterdheid op die selfbeeld van ‘n leerder. My gas is Alet van Rhyn by AROS.
2 Julie- Riaan Grobler gesels met Juané van der Merwe, bestuurder van regsdienste by FEDSAS oor Die invloed van die POPIA wetgewing op skole.
9 Junie- Vandag gesels Elsje met Prof Gawie du Toit oor onderwyssake
23 Junie- Te midde van al die abnormaliteite, probeer die SOS steeds sake so normaal as moontlik te laat verloop. Vanjaar het hulle kreatief te werk gegaan en vir die onderwysers ‘n wonderlike virtuele kongres saamgestel. Die gas is Hugo Vermeulen, die hoof van opleiding by die Skole Ondersteuningsentrum.
30 Junie: Ons weet dat 2021 besondere uitdagings aan die skoolsektor gelewer het. Die gevolge hiervan word ook gesien in die algemene welstand van onderwysers. Vandag se tema: Onderwysers, herontdek jou passie vir die onderwys. My gas is Mev. Marga Botha, ‘n dosent by Aros en ook tans besig met haar PHD waarvoor sy navorsing doen oor die welstand van onderwysers in Suid Afrika
7 Julie- Die onderwysstelsel is onder die vergrootglas en terwyl daar vrae was oor die herontwerp van die stelsel en klaskamer het die COVID-19 pandemie die aanpasbaarheid van die stelsel en ook die relevansie van sekere van die aspekte van die onderrig- en leerproses verder belig. Herontwerp die klaskamer in vanmiddag se program wanneer MD met Riaan van der Bergh, die onderwystegnologie bestuurder van FEDSAS gesels.
21 Julie- Een van die uitdagings is dat heelwat onderwysers soms met wilde, woelige wriemelende kinders in hul klas sit. Hul is impulsief en doen dinge sonder om te dink. Dit frustreer ouers en onderwysers en baie keer word hulle gesien as die stout kinders. Gelukkig is daar al baie navorsing hieroor gedoen en heelwat kinders word ook gediagnoseer met AGHS en kan behandeling ontvang. Tog is daar nog baie wan persepsies hieroor. AGHS feite en fiksie. Die gas is Dr. Johan Erasmus, ‘n Neuro-Ontwikkelingspediater.
28 Julie- Skuins voor pouse: Een van die uitdagings is onderwysers wat soms kinders in die klas moet begelei, wat ondanks normale intelligensie, worstel om die geskrewe taal te ontleed en te ontsyfer. Dit is ook vir ouers van hierdie kinders baie keer ‘n raaisel waarom hul kinders, wat andersins normale kognitiewe vermoëns het, tog ‘n onvermoë het om te kan lees en skryf. Hierdie verskynsel staan bekend as disleksie. My gas in vanmiddag se program is Sandra Stark, ‘n oogkundige en disleksie spesialis. Sandra is ook die stigter van Stark Griffin Dyslexia Academy.
4 Aug- Vandag maak ons van die geleentheid gebruik om die luisteraars toe te rus met die nodige kennis t.o.v. moontlike studie geleenthede vir voornemende studente, veral vir die wat graag die onderwysberoep wil betree. My gas is Mev. Olga Channing die waarnemende departementshoof en programkoördineerder vir die B.ED Senior fase en VOO graad asook vir die NGOS wat Aros aanbied.
18 Aug- Die ouer, kleuter en skool se verhouding tydens Covid, nou nog meer belangrik as voorheen. Die gas in vanmiddag se program is Charmaine Jooste, verbonde aan die VVOS
25 Aug- Die positiewe gebruik van selfone en toepassings in die klaskamer. Die gas is Mariaan Oschman is ‘n dosent by Fakulteit Opvoedkunde by Akademia. Riaan staan in vir MD
1 Sept- Skoolbeheerliggame het ‘n belangrike en omvattende taak om skole in die beste belang van die leerders, maar ook die hele gemeenskap te bestuur. Vandag gesels ons oor die rol en toerusting van skoolbeheerliggame. My gas is Constanze vd Walt, die Nasionale Operasionele Bestuurder van FEDSAS.
8 Sept- Riaan Grobler gesels met dr. Anke brand oor die digitale dilemma.
15 Sept-  Skuins voor pouse: Ons maak vandag van die geleentheid gebruik om te gesels oor die eksamens en studievaardighede. Dit is mos juis die tyd van die jaar waar die Jakarandabome binnekort hul pragtige pers kleed gaan vertoon. Studente sowel as leerders, veral die matrieks weet dit beteken net een ding, EKSAMENS!
Die gas in van middag se program is Saskia Meijer, Uitvoerende Hoor, Instituut vir Christelike Onderwys.
22 Seot- Baie van die gevolge wat Covid-19 veroorsaak het, kan ʼn mens dadelik raaksien. Ander dinge is nie so opsigtelik en aantoonbaar nie. Covid-19 is en bly dus ʼn traumatiese ervaring vir ʼn groot deel van ons gemeenskap. As ons na die invloed van trauma op die gemeenskap kyk, is dit belangrik om dieper te delf en onsself ernstig afvra watter invloed het Covid-19 op ons kinders? Die gas in vanmiddag se program is Liesel Brummer, ‘n dosent by Aros

Current track

Title

Artist