In hierdie program val die fokus op skole en onderwys aangeleenthede
Antowan gesels met Mnr Leon Bandjies. Skoolhoof van Hoërskool Garsfontein
Hoe maak die Inklusiewe onderwysbeleid voorsiening vir leerders met spesiale onderwys behoeftes en Antowan gesels hieroor met Marietjie le Roux, professionele adviseur by SAOU
Antowan gesels oor die rol van stories voorlees in skoolgereedheid met Karen Smit van Aros
Antowan gesels oor Wegspring en uitslae-Vol moed vir 2023- met Saskia Meijer en Melanie Buys
Antowan gesels met Mnr Chris Klopper, HUB van SAOU – ‘n Terugblik op 2022 se onderwysgebeure met die fokus op ‘n hoopvolle 2023.
Antowan gesels met Riaan vd Berg, Adjunk Uitvoerende Hoof van Fedsas oor toelatings in Gauteng vir 2023.
Antowan gesles met Dr Anke Brand oor Digitale verslawing
Die minister van Basiese Onderwys het aan die begin van die jaar aangekondig dat daar nuwe vakke sowel as ander veranderinge in die kurrikulum aangebied sal word. Een van hierdie vakke ter sprake is robotika en kodering. Ons is nou aan die einde van die jaar en skole beplan vir 2023. Riaan gesels met ‘n vakkundige, Celeste Labuschagne van die Skole Ondersteuningsentrum, oor hierdie aangeleentheid. Celeste Labuschagne is verbonde aan die Skole Ondersteuningsentrum en hoof van wetenskappe en Robotika, asook ‘n Wolkskooldosent
Onderwys is een van die heel belangrikste professies in die wêreld, aangesien onderwysers een van die primêre opvoedende rolspelers in kinders se lewens is. Tog is dit ‘n professie wat te kampe het met baie uitdagings. Die uitdagings noop dié wat in die hoëronderwys is om hieroor te moet nadink, in die besonder ook na te dink oor die relevansie van die onderwysberoep in die moderne eeu. Dr Maretha Steyn is in die bevoorregte posisie om op die voorpunt van hierdie nadenke te mag sit. Dit is ‘n groot voorreg dat Dr Steyn vandag tyd afstaan om ook met ons vanuit die akademie gedagtes te deel.
Antowan gesels met Maryke Bellingan, Wiskunde onderwyserspesialis oor die onderrig van wiskunde en om wiskundige redeneringsvermoë te ontwikkel
Antowan gesels met Sanet de Beer, Dosent by Aros en programkoördineerder vir Senior Fase oor oorgangsfase en effek daarvan op kinders.
Oktober is geestesgesondheidmaand. As ons veral na tieners of hoërskoolleerlinge kyk, sien ons dat hulle behalwe vir die nagevolge van die pandemie ook op ander terreine baie druk ervaar. Daardie druk wat vanaf die samelewing, maar ook soms vanaf die tiener self kom, het ‘n invloed op hulle geestesgesondheid. Ons wil in vandag se program veral fokus op die tiener se geestegesondheid en wat die volwassenes aan wie se sorg hul toevertrou is kan doen om hulle te ondersteun.
TEMA: Hoop vir gebrokenheid
Antowan gesels met Saskia Meyer, Uitvoerende hoof van die Instituut van Christelike Onderwys, oor die tema: Word eksamenfiks
Antowan gesels oor wêreldonderwyserdag met Constanze vd Walt, die Nasionale Operasionele Bestuurder by Fedsas en Saskia Meyer, Uitvoerende hoof van die Instituut van Christelike Onderwys
Antowan gesels met Diana van Heerden van Aros oor skoolgereedheid
Antowan kuier met Celeste Mulder, Spraakterapeut en oudioloog van Sonitus skool oor Septembermaand wat dowe bewusmakingsmaand is
Skuins voor pouse -Tema: Geletterdheidsdag in Suid-Afrika met dr Alet van Rhyn, ‘n dosent by Aros.
Disgrafie en die hantering daarvan in die klas. Antowan gesels met Sandra Stark, oogkundige en disleksie spesialis
Gesprek met Spraakterapeut en tuisskool mamma: Hannetjie Verwoerd oor Gesonde Ouditiewe Dieet
Antowan gesels met Ben Ferreira, Provinsiale Bestuurder van Gauteng by Fetsas oor algemene jaarvergaderings by skole
Die uitdagende invloed van sodiale media en alle ander aanlyn bedrywighede skep groot uitdagings vir onderwysers sowel as ouers. Rianette Leibowitz (Laai-bou-wits) is op ’n missie om kuberveilige gemeenskappe te bewerkstellig. Sy doen aanbiedings by skole, maatskappye, kerke en konferensies om haar boodskap oor digitale ouerskap en verantwoordelike digitale burgerskap te deel. Haar boek, “Maak jou kind SKERMSLIM” fokus op kuberslim gesinne en as Brand South Africa PLAY YOUR PART ambassadeur moedig sy almal aan om hul deel te doen en positiewe impak te maak. Antowan gesels vandag met haar…
Graad 12-leerders en hulle ouers ervaar geweldige teleurstelling as hulle skielik besef dat die vakke wat hulle geneem het hulle nie toelaat om vir die studierigting wat hul verkies aansoek te kan doen nie. Dit gebeur ook dat hulle die regte vakke gekies het, maar nie aan die minimum toelatingsvereistes voldoen nie. Skole, ouers en leerders het dus ʼn belangrike verantwoordelikheid in hierdie opsig omdat oningeligte besluite oor vakkeuses hulle toekomstige loopbaanbeplanning kan benadeel. Antowan Nöthling gesels met, Sonia Roux oor : Tema: Verantwoordelike vakkeuses. Sonia is ‘n beradingsielkundige wat veral in haar praktyk spesialiseer in die begeleiding van vak- en loopbaankeuses. Sy is ook baie betrokke by die organisering van loopbaan-ekspo’s
Skuins voor Pouse : Gesels oor skoolbegrotings vir 2023 – Constanze vd Walt is die Nasionale Operasionele Bestuurder by Fedsas en Riaan van der Bergh, Tegnologie bestuurder en ook van die Sentrum vir Finansies en Risikobestuur by FEDSAS
Johan Koekemoer. Die hoof van onderrig en leer by die Solidariteit Skole Ondersteunings Sentrum. S.O.S, kuier in die Skuins voor pouse ateljee.
The technical storage or access is strictly necessary for the legitimate purpose of enabling the use of a specific service explicitly requested by the subscriber or user, or for the sole purpose of carrying out the transmission of a communication over an electronic communications network.
Preferences
The technical storage or access is necessary for the legitimate purpose of storing preferences that are not requested by the subscriber or user.
Statistics
The technical storage or access that is used exclusively for statistical purposes.The technical storage or access that is used exclusively for anonymous statistical purposes. Without a subpoena, voluntary compliance on the part of your Internet Service Provider, or additional records from a third party, information stored or retrieved for this purpose alone cannot usually be used to identify you.
Marketing
The technical storage or access is required to create user profiles to send advertising, or to track the user on a website or across several websites for similar marketing purposes.