“Skoolhoofde se waarde kan nie onderskat word nie”

Deur on

4 September 2024

Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het in haar toespraak aan die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie tydens die jaarlikse Hoofdesimposium, gesê dat dit nou belangrik is om te verseker dat daar ‘n betroubare, en werkende stelsel is om aan onderwysbehoeftes te voldoen. 

Volgens die SAOU speel onderwysers, en veral skoolhoofde, ‘n belangrike rol om te bepaal of die land in ‘n opwaartse trajek is, of nie.

Gwarube meen die meeste mense besef nie hoe moeilik die werk is wat skoolhoofde en hul personeel daagliks moet doen nie.

Volgens haar werk vandag se skoolhoofde in ‘n wêreld wat toenemend kompleks, wisselvallig, onseker en selfs soms dubbelsinnig is. Sy sê skoolhoofde is toenemend die eerste punt van bestuur met betrekking tot dade van geweld, konflikoplossing en psigososiale steurnisse.

Sy sê haar departement sal skoolhoofde help om die uitdagings in die beste belang van die leerders onder die loep te neem.


Current track

Title

Artist