Sewe verdagtes in hof ná Phoenix-onluste

Deur on

26 Julie 2021

‘n Sterk polisie-teenwoordigheid word by die Verulam landdroshof, noord van Durban gehandhaaf waar sewe verdagtes vandag verskyn na afloop van die afgelope onluste in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng.

Weermaglede ondersteun die polisie terwyl ‘n aantal betogers vreedsaam met plakkate by die hof opgedaag het.

Dit wil voorkom asof die betogers hulle ondersteuning aan van die verdagtes toon en vra dat die mans – wat nog nie aangekla is nie – op borgtog vrygelaat moet word.

LEES OOK: ONLUSTE WYS WAAROM DIE WAPENWET GESTOP MOET WORD, SÊ VRYSTAAT LANDBOU

Woorde soos: ‘Alle lewens maak saak’ en ‘Sê nee vir rassisme’ versier die plakkate.

Die woonbuurt Phoenix was ‘n drukkoker tydens die opstande toe lede van die gemeenskap padblokkades opgestel het om plunderaars uit die buurt te hou.

Tientalle mense is tydens die geweldpleging in dié woonbuurt dood terwyl rassespanning deur politici aangeblaas is.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist