Ses leerlinge dood ná skoolbus in die Vrystaat omslaan

Deur on

7 Februarie 2024

Ses dogters is dood en 52 is beseer nadat die bus waarin hulle op die R70 naby Ventersburg in die Vrystaat gereis het, omgeslaan het.

Volgens die Vrystraatse premier, Mxolisi Dukwana het die bus 58 skoliere vervoer wat aan ‘n sportgeleentheid bygewoon het.

Dukwana sê vier van die beseerdes se toestand is ernstig, agt minder ernstig en 40 het ligte beserings opgedoen.

Die skoolhoof van die Hoërskool Riebeeckstad – waaraan die dogters verbonde is – Betsi Schoeman, het haar skok en medelye uitgespreek.

Volgens die Padverkeersbestuurskorporasie se Simon Zwane,word daar ondersoek na die voorval ingestel, maar het een van die bus se bande vermoedelik gebars voor dit gerol het.


Lees verder

Current track

Title

Artist