6 Februarie 2024
AfriForum se privaatvervolgingseenheid sê hy is verheug oor die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit om ‘n senior aanklaer aan te stel om die vervolging van drie metro-polisiebeamptes te bahartig.
Emmanuel Thovhakale, Michael Soomo en Lerato Molope staan tereg op aanklagte van korrupsie en afpersing. Daar sal na verwagting bykomende aanklagte bygevoeg sal word.
Hulle het vlugtig in die Pretoria-streekhof verskyn waarna die saak uitgestel is om advokaat Rachelle van der Walt die geleentheid te gee om die ondersoekbeampte by te staan om die ondersoek af te handel.
Die privaatvervolgingseenheid is deur een van hul vermeende slagoffers, Uvaldi Theologo, en die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in Tshwane, Grandi Theunissen, genader om ingevolge ‘n waaksaamheidsopdrag die gebeure dop te hou.
Die privaatvervolgingseenheid se woordvoerder, Barry Bateman sê Theologo is na bewering op 10 Julie 2022 deur die drie beskuldigdes afgetrek terwyl sy in Solomon Mahlangu-rylaan gery het.
Sy beweer dat die beamptes haar daarvan beskuldig het dat sy haar voertuig sonder ’n amptelik gestempelde permit bestuur het en het R3 000 kontant geëis om te verhoed dat haar motor geskut word.