Selfone nou in alle skole in Nieu-Seeland verbied

Deur on

1 Desember 2023

Die konserwatiewe premier van Nieu-Seeland, Christopher Luxon het vandag bekend gemaak dat selfone voortaan in in skole regoor die land verbied sal word.

Dit sal glo deel van die regering se poging wees om die land se dalende geletterdheidsyfers om te keer, nadat die land se vlakke van lees en skryf glo tot ‘n punt gedaal het wat sommige navorsers laar vrees dat dit in ‘n krisis ontaard het.

Luxon het gesê dat hy selfone by skole binne sy eerste 100 dae in die amp sal verbied, en ‘n sal beleid aanvaar wat glo met gemengde resultate in Amerika, Brittanje en Frankryk beproef is.

Die stap sal volgens Luxon ook ontwrigtende gedrag stop en studente help om te fokus.

Navorsers van die Nieu-Seelandse liefdadigheidsorganisasie Education Hub het verlede jaar teen ‘n “geletterdheidskrisis” gewaarsku en gevind dat meer as een derde van 15-jariges skaars kan lees of skryf.


Current track

Title

Artist