8 Oktober 2024
Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, sê die provinsie ondersteun ‘n mosie om Sandton Rylaan na die Palestynse aktivis Leila Khaled te herdoop.
Dié naamsverandering – wat deur ander politieke partye, insluitend die DA, die PA en ActionSA teëgestaan word – is deur die Johannesburgse stadsvaders voorgestel.
Lesufi het die ANC aangemoedig om ‘n vaste besluit te neem en die straat te herdoop om te wys dat hulle saam met die Palestyne staan, en bygevoeg dat gemeenskappe ‘n petisie moet onderteken om hul verbintenis tot die Palestynse lot te wys.
Hy sê hulle wil nie Sandton Rylaan se naam verander omdat hulle dit geniet om name te verander nie, maar omdat hulle ‘n sterk boodskap wil uitstuur dat hulle aan die kant van die Palestyne is.