21 November 2023
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens gaan sy bedrywighede na Lilongwe en Blantyre in Malawi teen die einde van die maand opskort.
Die lugredery sê daar is op dié stap besluit as deel van die proses om sy risiko te bestuur.
Die SAL se hoof uitvoerende beampte, professor John Lamola, sê die stap moet nie gesien word as ‘n onttrekking van sy verbintenis om die mense van Malawi te dien en handelsbande tussen Suid-Afrika en Malawi te bevorder nie.
Die SAL sê hoewel hy sy verhouding met die Malawiese mark waardeer, kan hy hom nie verbind tot roetes wat nie finansieel volhoubaar is nie.
Malawi worstel tans met ‘n ekonomiese krisis wat gelei het tot brandstoftekorte, hoë voedselpryse en ‘n tekort aan buitelandse valuta.