Sakeliga dien hofstukke in oor gesondheidsregulasies

Deur on

20 Mei 2022

Sakeliga het hofstukke beteken aan die Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, President Cyril Ramaphosa en ander respondente waarin hy die hof vra om die gesondheidsregulasies – wat Phaahla op 4 Mei vanjaar oornag gepromulgeer het – onwettig en ongrondwetlik moet verklaar en ter syde laat stel.

Die organisasie se dringende aansoek verskil van bestaande litigasie en plaas verdere noodsaaklike argumente voor die hof.

In sy stukke voer Sakeliga aan dat die regulasies sowel substantief as prosedureel irrasioneel is.

Ander belangrike argumente sluit in dat die regulasies nie geldige gesondheidswetoogmerke dien nie, maar op onwettige wyse ander oogmerke probeer bereik.

Dié sogenaamde onwettige doelwitte sluit onder meer in om die ‘tydelike’ reëls en regulasies van die nasionale ramptoestand te handhaaf, sonder dat daar so ‘n toestand ingevolge die Wet op Rampbestuur is.


Lees verder

Current track

Title

Artist