Sakeliga bring hofaansoek vir Dlamini-Zuma se Covid-bevelsraadrekords

Deur on

15 September 2021

Die sakegroep, Sakeliga het ‘n hofaansoek gebring om die regering te dwing om sy gronde vir die staat van inperking, rampbestuursregulasies en grendelstaatvlakke openbaar te maak.  

Volgens Piet le Roux, die uitvoerende hoof van Sakeliga vorm die hofaansoek deel van ‘n proses – ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting – om dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se rekords van besluitneming oor die grendelstaat – en alle rampbestuursregulasies – te bekom.

Ingevolge die Wet op Rampbestuur is Dlamini-Zuma – as Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake – die verantwoordelike persoon vir die uitvaardiging van hierdie regulasies.

Le Roux sê die doelpale – vir w,anneer die inperking opgehef moet word – skuif aanhoudend.

Hy sê president Cyril Ramaphosa se standpunt die afgelope Sondag – dat die inperking sal voortduur totdat ‘n aanvaarbare hoeveelheid persone ingeënt is – weerspreek die vroeëre rasionaal dat inperkings ‘n tydelike stap is en net ten doel het om infeksiegolwe af te plat.

Volgens Le Roux skuif die vorige standaard – asook hospitaalkapasiteit en aantal sterftes – nou op onverklaarde wyse op die agtergrond en is die verskuiwing van doelpale – sonder deursigtigheid – nadelig vir die maatskaplike, ekonomiese en grondwetlike orde.

Sakeliga beoog om die inligting wat met hierdie proses bekom word openbaar te maak vir die kennisname van die algemene publiek.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier


Current track

Title

Artist