2 April 2024
Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter sê luidens voorlopige syfers het die SAID byna R10-miljard méér ingesamel in belastingbetalings as wat hulle verwag het.
Hy het tydens ‘n mediakonferensie vanoggend die voorlopige bedrae vir die 2023/2024-boekjaar bekend gemaak. Kieswetter het verder sy kommer uitgespreek oor die miljarde rande wat misdaadsindikate die land kos, grootliks weens belastingbedrog.
Kieswetter sê sluikhandel is die grootste sondebok in belastingbedrog. Volgens hom het hy tydens die Covid-19-pandemie herhaaldelik benadruk dat die regering ‘n fout begaan deur ‘n verbod te plaas op tabak- en alkoholprodukte.
Kieswetter meen dit beteken die wettige verkoop van die produkte is verbied, wat beteken het dat sluikhandel toegeneem het. Daar is egter nie belasting op hierdie onwettige sigarette en alkohol nie.
Volgens Kieswetter het die staat daardie jaar R15-miljard in belastinginkomste verloor.