Saak teen twee voormalige Eskom-werknemers uitgestel

Deur on

23 Februarie 2021

Twee voormalige Eskom hooggeplaastes het in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Palm Ridge verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en die gee-en-neem van ongemagtigde geskenke.

Dié aanklagte is deel van ‘n ondersoek na korrupsie en ongemagtigde uitgawes ter waarde van R745-miljoen by die Kusile kragstasie.

Die voormalige groephoof van die kapitaal-afdeling, Abram Masango, en die voormalige projekbestuurder, France Hlakudi, asook twee sakemanne in die konstruksiebedryf het vlugtig vanoggend in die hof verskyn voordat die saak uitgestel is.

Dié twee het na bewering elkeen R30-mijoen aan omkoopgeskenke ontvang.

‘n Sakeman, Maphoko Kgomoeswana, se maatskappy het na bewering die omkoopgeskenke bewerkstellig van Tubular Construction.

Dié maatskappy se Antonio Trindade het ook vandag in die hof verskyn. Die voormalige raadsvoorsitter van Tubular Construction, Michael Lomas woon tans in die Verenigde Koningkryk en ‘n amptelike versoek vir sy uitlewering is in die verband is gerig.

Die saak is tot 1 Junie uitgestel.


Lees verder

Current track

Title

Artist