SA se vlag dalk binnekort nie meer te sien by sportgeleenthede nie

Deur on

5 Oktober 2023

Suid-Afrika mag dalk binnekort die voorreg verloor om sy vlag te wapper en sy volkslied te sing by internasionale sportgeleenthede.

Dit sluit in die Rugby Wêreldbeker-toernooi wat tans aan die gang is, asook die Krieket Wêreldbeker toernooi wat vandag begin.

Dit omdat die regering moontlik die spertyd gaan mis om wetgewing rakende opkikker-vrye sport op te dateer, sodat dit voldoen aan die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels se vereistes.

Indien die nuwe wetgewing nie deur die parlement voor 13 Oktober goedgekeur word nie, sal Suid-Afrikaanse spanne onder ‘n neutrale vlag moet deelneem aan internasionale sportgeleenthede.

Suid-Afrika sal ook nie kan gasheer speel vir groot sportgeleenthede nie.

Foto: Planet Rugby


Current track

Title

Artist