SA regering sal met Ierland vergader oor visum-besluit

Deur on

9 Julie 2024

Die Suid-Afrikaanse regering sal die Ierse regering kontak nadat dit aan die lig gekom het dat Suid-Afrikaners voortaan ‘n visum gaan nodig hê indien hulle Ierland wil besoek.

Die woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, Chrispin Phiri het aan Netwerk24 gesê dat die  minister van internasionale betrekkinge, Ronald Lamola en die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber reeds oor die kwessie vergader het.

Die Ierse minister van justisie, Helen McEntee het gister aangekondig dat beide toeriste van Suid-Afrika en Botswana nou visums moet hê as hulle Ierland wil besoek.

Volgens McEntee sal ‘n deurgangsvisum ook vereis word as mense van plan is om deur Ierland te reis na ’n ander bestemming,

Dit geld vanaf 10 Julie.


Lees verder

Current track

Title

Artist