Rowers misbruik spitsverkeer

Deur on

20 Februarie 2024

Sosiale media-groepe het vanoggend gegons oor motoriste wat glo op die M1-noord beroof is terwyl hulle in die verkeer vas gesit het.

Eyewitness News berig dat ‘n groep gewapende rowers glo by die Kroon-wisselaar die spitsverkeer uitgebuit en motoriste in die stilstaande verkeer by die M2-afrit van hul besittings beroof het.

In ‘n stemboodskap het ‘n motoris gevra dat noodvoertuie ontbied word nadat ‘n aantal verboureerde motoriste in die versperrings vasgery het in ‘n poging om van die rowers te ontsnap.

Volgens berigte het die voorval daartoe gelei dat die verkeer tot by Gold Reef City terug gestaan het.


Current track

Title

Artist