Reserwebank waarsku: Moenie geldnote met inkvlekke aanvaar nie

Deur on

21 Julie 2021

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê geldnote, wat tydens verlede week se onluste uit kitsbanke gesteel is, word nou wyd in Suid-Afrika gebruik. 

Volgens die Reserwebank word kontant in spesiale houers in kitsbanke gehou wat dit met kleurvlek-tegnologie beskerm.

Dit word geaktiveer wanneer iemand die houer probeer oopbreek en die kontant word dan met ’n ink (gewoonlik groen of blou) gevlek. Die kontant is dan onbruikbaar as betaalmiddel.

Die bank het ‘n beroep op mense gedoen om nié die note te gebruik nie omdat dit geen waarde dra nie en ook nie ingeruil kan word nie.

Mense in besit van dié note kan Stop Misdaad by 0860 010 111 bel.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist