Rentekoers bly onveranderd op 3,5%

Deur on

22 Julie 2021

Die monetêre beleidskomitee van die Suid-Afrikaanse Reserwebank het besluit om die terugkoopkoers waarteen hy geld aan handelsbanke leen, onveranderd op 3,5% te laat.

Die reserwebank se goewerneur, Lesetja Kganyago het die aankondiging gemaak nadat die komitee se vergadering verdaag het.

Kganyago sê vooruitskattings dui daarop dat ‘n verhoging in die vierde kwartaal moontlik is en dan weer ‘n verhoging van 25-basispunte in elke kwartaal van 2022.

Hy sê die inflasierisiko blyk tans onder beheer te wees, hoewel hoër voedsel- en energiepryse ‘n bedreiging inhou.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist