Regulasies oor R350-toelaag in staatskoerant gepubliseer

Deur on

3 April 2024

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het nuwe regulasies in die staatskoerant gepubliseer – ingevolge die Wet op Maatskaplike Verligting van Noodtoelae – wat die regering in staat sal stel om onreëlmatige betalings terug te vorder.

Dié veranderinge is veral daarop gemik om die sogenaamde R350-noodtoelae – wat tydens die Covid-19 inperkings in die lewe geroep is – te bestuur.

Ten spyte van die naam van dié toelaag in die volksmond, is die waarde daarvan sedertdien tot R370 opgestoot.

Die nuwe regulasies plaas ook die verantwoordelikheid op die ontvanger van toelaes om seker te maak dat sy persoonlike besonderhede op datum is – en dat die uitbetaling van die toelaag gestaak kan word indien dit nie gedoen word nie.


Current track

Title

Artist