Regstappe dreig teen SARO oor onderwysers wat nie sertifikate ontvang nie

Deur on

23 Februarie 2021

Die vakbond, Solidariteit het die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders, oftewel SARO tot aan die einde van Vrydag gegee om te bevestig dat hy dié vakbond se lede by die liggaam sal registreer.

Volgens Solidariteit versuim SARO om sy statutêre verpligting na te kom en veroorsaak hy gevolglik direkte skade vir die betrokke onderwysers.

Die hoof van regsake by Solidariteit, Anton van der Bijl sê SARO se nalatigheid om onderwysers te registreer, is onaanvaarbaar.

Hy sê onderwysers word wetlik verplig om by SARO te registreer, waarna SARO dan ʼn sertifikaat aan die betrokke onderwyser uitreik wat hom/haar in staat stel om ʼn pos in die onderwys te kan beklee.

Van der Bijl meen SARO verhoed gevolglik onderwysers om hulle beroep te kan beoefen en dit terwyl daar reeds ʼn tekort aan onderwysers in die land is.

Hy sê sou SARO nie teen Vrydag onderneem om die onderwysers te registreer nie, oorweeg Solidariteit dit om met litigasie voort te gaan.


Lees verder

Current track

Title

Artist