REGSGESPREK – 2024

Deur on

Kenners in die regsbedryf praat oor indringende onderwerpe wat jou regte betref

Dit is binnekort weer nasionale testamentweek en ons beantwoord al die vrae wat jy dalk oor testamente kan hê. Ons gesels met Willie Spies van Hurter Spies Prokureurs daaroor.
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) se planne om kragtariewe te verhoog is onlangs in die wiele gery toe hul aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys is.
Riaan Grobler gesels nou hieroor met Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van Plaaslikeregeringsake EN Marjorie van Schalkwyk van die prokureursfirma Hurter Spies Ingelyf
Wanneer mag jy jouself en jou eiendom met geweld verdedig? En wat mag jy inspan wanneer jy uit selfverdediging optree? James Kemp het by die regskenner, dr Llewelyn Curlewis, hieroor gaan aanklop.
’n Luisteraar vra die week of daar enige raad is vir grondeienaars wat gefrustreerd is met prospekteerders wat deur die regering aangestel is? Ons gesels hieroor met advokaat Johan Hamman.
Hoe gemaak as die bank op jou motor beslag wil lê? Ons gesels hieroor met Carel Crafford van Crafford Prokureurs.
Hoe eenvoudig is dit om die howe te nader en wat kos dit om ‘n hofsaak aanhangig te maak? Ons gesels hieroor met dr Lewelyn Curlewis, ‘n regsdosent by die Universiteit van Pretoria.
Ons gesels met belastingkundige Jean-Louis Nel oor die navrae wat ons sover in die belastingseisoen gekry het.
Wat staan verbruikers te doen staan as jy ‘n item aanlyn aangekoop het en dit nie aan jou verwagtinge voldoen nie. Trudie Broekmann, is ‘n prokureur wat in verbruikersreg spesialiseer en sy sluit by ons aan.
In vandag se Regsgesprek gesels ons oor onbillike arbeidspratyke en diskriminasie op grond van ras in die werkplek. Anton van der Bijl van Solidariteit sluit nou by ons aan.
In vanoggend se Regsgespek gesels ons oor lewensreg. Wat is lewensreg en kan dit vroegtydig beëindig word? Anna Maria Laas van die prokureursfirma Laas Doman Ingelyf sluit by ons aan.
In hierdie regsgesprek praat ons oor belastingkwessies met Jean-Louis Nel van Van Huyssteen Prokureurs
Vrydag vind die eerste parlementsitting van die nuwe termyn plaas. Maar hoe werk die proses en wat gebeur alles tydens die eerste sitting? Ons kry nou meer besonderhede by Roland Henwood, politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Pretoria.
Hoe moeilik is dit om ‘n probleemhuurder uit te sit? Ons gesels met Bianka Blackbeard van SLLR ingelyf
Die afgelope week is daar weer oor moontlike regsoptrede weens die ondertekening van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering gedreig. Ons kry meer besonderhede by Anton van der Bijl, adjunk-bestuurshoof van Solidariteit
Die Grondwethof het beslis dat oudpresident Jacob Zuma nie as een van die nuutgestigte MK-party se kandidate in die parlement mag dien ná die komende nasionale verkiesing nie.
Ons gesels nou hieroor met dr Llewelyn Curlewis, `n regskenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria.
Die haatspraak- en haatmisdaadwet is onderteken. Ons gesels hieroor met Natasha Venter, `n dosent in publiek- en prosesreg.
Die afgelope paar dae het ons weer berigte teëgekom van jongmense wat in `n Facebook-slenter gevang is en naakfoto’s van hulself aan kuberskelms gestuur het. Hulle word afgepers en uiteindelik so desperaat dat hulle hul eie lewens neem. Ons gesels vanoggend hieroor met Nadine Blom wat vir baie meer bekend is as `n sangeres maar ook as `n menseregteprokureur werksaam is.
Die omstrede Onteieningswetsontwerp is onlangs deur die Nasionale Vergadering aanvaar en moet nou deur die staatspresident onderteken word. Ons gesels vanoggend hieroor met dr Reghard Brits, ʼn deeltydse dosent in Privaat- en Handelsreg by Akademia
Ons gesels oor eiendomstransaksies
Eiendomstransaksies
Koop of verkoop jy ‘n motor? Riaan Grobler gesels met Trudie Broekmann, ‘n prokureur wat in verbruikersreg spesialiseer.
Vandag kry ons meer besonderhede oor die verskillende howe in die land. Ons gesels hieroor met dr. Llewelyn Curlewis, regskenner verbonde aan die Universiteit van Pretoria.
Hoe identifiseer jy die regte prokureur vir jou behoeftes en hoe verseker jy as kliënt dat jou regskoste nie die hoogte inskiet nie. Ons gesels daaroor met Jaco Prinsloo, advokaat in die praktyk, lid van die Nasionale Balieraad van Suid-Afrika en Regspraktykraad.
Ons kyk na 38 kripto-ondernemings wat nie by die gedragsowerheid vir finansiele dienste geregistreer is nie en ondersoek gaan word
Vandag kry ons meer besonderhede oor dagvaardings. Ons gesels met Arno Roodt van Hurter Spies Ingelyf
Die afgelope week het ons verneem dat die hoofkwartier van die Suid-Afrikaanse Lugmag gesluit is omdat die lugverkoelingsstelsel ingegee het. Die volgende dag verneem ons dat die polisie se hoofkantoor nie gepas is vir mense om in te werk nie. Wat is die vereistes waaraan `n werkplek moet voldoen? Ons vra vandag die vraag vir Johan Böning, Afdelingshoof: Beroepsgesondheid en -veiligheid by Solidariteit

Lees verder

Current track

Title

Artist