Regering wil 35-miljoen inentings teen Kersfees toedien

Deur on

22 Julie 2021

Die regering hoop nou om teen Kersfees minstens een dosis van ’n Covid-19-entstof aan 35-miljoen van sy bevolking van 60-miljoen toe te dien.

Die adjunk-direkteur-generaal van gesondheid dr. Nicholas Crisp, het gister aan die parlement se portefeuljekomitee oor gesondheid gesê Suid-Afrika het tans sowat 15 dae se entstof-voorraad, maar hy is vol vertroue dat die inentingsprogram uitgebou sal kan word en dat sy entstofdosisse nie sal opdroog nie.

Crisp het bygevoeg dat sowat 25 000 dosisse entstof óf gebuit óf verwoes is tydens verlede week se opstande in dele van Gauteng en KwaZulu-Natal.

Hy verwag ook dat daar binne die volgende sewe tot tien dae ‘n toename in Covid-19 gevalle sal wees, na afloop van die opstande.

Tot dusver is meer as 5,8-miljoen mense teen die virus ingeënt.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist