Regering teken appèl aan oor beurtkrag-kwytskelding

Deur on

8 Mei 2023

Die regering gaan dringend appèl aanteken teen Vrydag se hofuitspraak wat beslis het dat die regering binne 60 dae alle openbare skole, hospitale, klinieke en poskantore van beurtkrag moet kwytskeld.

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sal na verwagting dié appèl aanteken.

Luidens ‘n verklaring van sy departement is hulle bekommerd oor die impak wat dié uitspraak op die regering se pogings sal hê om die land se nasionale kragnetwerk te stabiliseer en beurtkrag vir alle landsburgers te beëindig.

Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het voorheen gewaarsku dat dié saak, wat deur die UDM en 18 ander organisasies gebring is, Eskom op sy knieë sal dwing.

Dít omdat dit die toepassing van beurtkrag byna onmoontlik sal maak.


Current track

Title

Artist