“Regering moet finansies in orde kry om nie nog druk te plaas op belastingbetalers nie”

Deur on

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het vanoggend sy ekonomiese herstelplan vir Suid-Afrika bekend gestel.

In die plan waarsku die instituut dat Suid-Afrika se ekonomiese potensiaal deur eie toedoen belemmer word, maar meen dit hoef glad nie die geval te wees nie. ‘n Ekonomiese Navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, Theuns du Buisson sê die regering moet sy finansies in orde kry sonder om nóg druk op die belastingbetaler te plaas.

Du Buisson sê vyf prioriteite word in die herstelplan beklemtoon:

  • Die daarstel en instandhouding van infrastruktuur;
  • ‘n Ligte belastinglas wat voorspelbaar is;
  • ‘n Stabiele geldeenheid;
  • ‘n Goed opgeleide arbeidsmag
  • Die handhawing van wet en orde.

Du Buisson sê alhoewel die Suid-Afrikaanse ekonomie in groot moeilikheid verkeer, kan ernstige ingryping ʼn verskil begin maak.

“Solidariteit glo dat sterk ekonomiese groei die basis is vir ʼn sterk Suid-Afrika waarin alle gemeenskappe tot hulle reg sal kom.” Hy sê Solidariteit hoop dat die nuwe Regering van Nasionale Eenheid, beter besluite sal neem.

ʼn Afskrif van hierdie plan is ook aan die nasionale tesourie in Pretoria oorhandig en die hoop word uitgespreek dat daar tóg nou op sinvolle ekonomiese beleidsrigtings vertrou sal kan word.


Current track

Title

Artist