Regering belowe R3,8-miljard om Poskantoor te probeer red

Deur on

6 September 2024

Die adjunkminister van kommunikasie en digitale tegnologie, Mondli Gungubele, sê die regering het belowe om R3,8-miljard toe te ken om die sakereddingsplan ten volle by die Suid-Afrikaanse Poskantoor te implementeer.

Die entiteit het gewaarsku dat sy geld teen volgende maand sal opraak wat die sakereddingsproses bedreig en die gevaar skep dat die onderneming gelikwideer sal moet word.

Die sakereddingspraktisyns het Dinsdag in ‘n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie vir nóg ‘n reddingsboei gevra.

Die poskantoor is Julie verlede jaar in sakeredding geplaas weens die finansiële verknorsing waarin hy hom bevind.

Gungubele sê die regering is daartoe verbind om te verseker dat die Poskantoor deur bekwame mense bestuur word om selfonderhoudend te wees.


Current track

Title

Artist