Rare trofee by Buffelsfontein onthul

Deur on

Volgens oorlewering het rooivarke in die vroeë 1900’s uitgesterf. Die mede-eienaar van Buffelsfontein Beesboerdery, Meyer le Roux, het aan Pretoria FM vertel dat dié rooivark wat vandag in die restaurant onthul is, op die plaas van Thomas de Villebois-Mareuil, neef van George de Villebois-Mareuil, wat aan Boerekant geveg het tydens die Anglo-Boereoorlog, geskiet is.

Op 2 April 1903 skryf Thomas in sy dagboek:
“Vanmorgen heb ik een enorm roodvarken neergeschoten op mijn boerderij Grootleugen. Dit is de enige die ik ooit op de boerderij heb gezien. Femke heeft vanavond het schapenbout opnieuw verbrand. We moesten haar vreselijke linzensoep eten.”

Die trofee is in Calitzdorp gemaak deur die befaamde taksidermis Andries Hofer en beland in Mensongé, Frankryk, waar dit in die herehuis van Francois-Marie Arouet gehang het. In November 2023 is die trofee deur Christie’s van Londen op veiling aangebied. Die eienaars van Buffelsfontein het besef dat so ‘n kultuurskat na Suid-Afrika moet terugkeer en het dit aangekoop. Dit is die enigste trofee van ‘n rooivark waarvan ons enige rekord kon kry. Die wetenskaplike naam van die dier is Phacochoerus melampus.

Sien die video van die onthulling hier.


Lees verder

Current track

Title

Artist