9 Januarie 2024
Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa sê kiesers moet in gedagte hou dat toestande in die land kan vererger as die ANC nie meer aan bewind is nie.
Ramaphosa het tydens die party se verjaarsdagvieringe in Nelspruit/Mbombela gesê maatskaplike projekte soos die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) en maatskaplike toelaes sal waarskynlik in die slag bly.
In sy toespraak sê Ramaphosa dat die ANC se beleid nog altyd die armes bevorder het.
Hy sê hy is nie van enige ander Afrikaland bewus wat hom verbind het om toelaes aan agtien-miljoen mense uit te betaal – en bykomende hulptoelaes van drie-honderd-en-vyftig rand aan ‘n bykomende tien-miljoen mense uit te betaal nie.
Ramaphosa se uitsprake kom ten spyte daarvan dat die twee grootste opposisiepartye – die DA en die EFF – reeds aangedui het dat hulle nie gekant is teen maatskaplike toelaes nie.