Ramaphosa praat vanaand oor onluste

Deur on

12 Julie 2021

President Cyril Ramaphosa gaan vanaand weer die land toespreek en dié keer oor die geweldadige betogings in Gauteng en KwaZulu-Natal.   Hy sal blykbaar fokus op die regering se reaksie op die aanhoudende openbare geweld.    Die presiese tyd wanneer hy gaan praat sal binnekort aangekondig word.   

Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur het die weermag gevra om in te gryp.   Die Weermag het intussen reeds met die ontplooiingsprosesse en prosedures begin.   

Die geweld was tot dusver beperk tot KwaZulu-Natal en dele van Gauteng, waar veral kettingwinkels soos Makro en Pick-n-Pay erg deurgeloop het onder plunderaars en brandstigters.  


Current track

Title

Artist