Raai wat? Geliefde vissmeer terug op die winkelrakke

Deur on

27 Oktober 2023

Die gewilde Redro vissmeer en Peck’s se ansjovetsmeer is terug op die winkelrakke nadat die vervaardiger, PepsiCo SSA aan die einde van 2021 aangekondig het dat dit nié meer vervaardig sal word nie. 

Die kleinhandelaar, Pick n Pay het aangekondig dat die twee smere weer by hulle aangekoop kan word nadat die verbruiker ‘n behoefte daarvoor getoon het.

‘n Senior bestuurder van PepsieCo, Mandy Murphy het destyds aangekondig dat hulle die produkte se vervaardiging staak as deel van die maatskappy se hersiening van sy portefeulje.

Volgens Pick n Pay is die smeer in 50 van sy winkeltakke in die Wes-Kaap beskikbaar, maar sal dit binne die volgende twee weke landwyd versprei word. Dié produkte sal ook eksklusief net aan Pick n Pay beskikbaar gestel word.

Redro se vissmeer word reeds vir die afgelope 30 jaar in Suid-Afrika vervaardig. Peck’s se ansjovetsmeer het sy oorsprong in Engeland. Dit het in die 1960’s in Suid-Afrika aangekom, maar is reeds sedert 1891 in Engeland vervaardig.


Current track

Title

Artist