R1 MILJOEN VIR JOSHLIN SMITH

Deur on

27 Maart 2024

Die leier van die PA, Gayton McKenzie, het een-miljoen-rand uitgeloof aan enigeen wat met inligting na vore kan kom wat kan lei tot die opsporing van die 6-jarige Joshlin Smith. Smith het op 19 Februarie vermis geraak.

McKenzie het op ’n vurige video wat op sy sosialemediaplatforms geplaas is gesê dat Joshlin nie in Saldanhabaai begrawe is nie, omdat elke moontlike plek deur gemeenskapslede gefynkam is.

Hy beweer dat die polisie geen idee het waar Joshlin is nie.

In die tussentyd staan Joshlin se ma, Kelly Smith, dié se kêrel, Jacquin Appollis en sy vriend Steveno van Rhyn asook Lourentia Lombaard tereg op aanklagte van ontvoering en mensehandel. Hulle verskyn weer op 13 Mei in die Vredenburg-landdroshof.  


Current track

Title

Artist