Pretoria-man beboet vir groente op sypaadjie

Deur on

14 September

‘n Inwoner van Theresapark in die noorde van Pretoria is ‘n boete van R1500 opgelê weens ‘n groentetuin, wat hy op sy sypaadjie geplant het.

Die woordvoerder van die Tshwane Metropolisie (TMPD), Isaac Mahamba het bevestig dat Joe Nkuna ‘n boete moet betaal weens die oortreding van die wet, wat bepaal dat sypaadjies nié geblokkeer kan word nie. Hy is tot die einde van die dag (Dinsdag) gegun om sy groentetuin, wat veral uit koolkoppe bestaan, van sy sypaadjie te verwyder.

Foto’s en videos van Nkuna se tuin is wyd op sosiale media versprei.

Lede van die metropolisie het omstreeds 12:00 vanmiddag by sy huis opgedaag en die boete opgelê. Hy meen dit is die eerste keer in 46 jaar van sy lewe “dat hy soos ‘n misdadiger voel.”

Hy sê hy het die groentetuin begin om sy vrou te help, wat die groente aan gemeenskapslede in Soshanguve skenk. “Ek sal dit verwyder, maar ek is nie gelukkig daaroor nie,” sluit hy af.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier


Current track

Title

Artist