Pretoria FM vir Besighede

Ons programme is gerig op Afrikaanssprekende wat passievol is oor nuus, vermaak, aktualiteit en musiek.

Pretoria FM is ‘n gemeenskap-gebasseerde radiostasie gevestig in Pretoria. Ons programme is gerig op Afrikaanssprekende wat passievol is oor nuus, vermaak, aktualiteit en musiek. Ons saai 24 uur per dag uit op 104.2 FM in Gauteng en is beskikbaar op DSTV Kanaal 887 asook op die Internet en selfoontoepassing wêreldwyd.

So, hoekom Afrikaans? Afrikaans is een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika. Volgens die Suid-Afrikaanse sensusopname van 2011, word dit deur ongeveer 6,9 miljoen sprekers in Suid-Afrika (13,5% van die totale bevolking) as moedertaal beskou. Sowat een miljoen van dié sprekers is tweetalige moedertaalsprekers van Afrikaans en Engels.

Ek stel belang om my besigheid op Pretoria FM te adverteer.

Hierdie vorm moet slegs voltooi word as jy jou besigheid by Pretoria FM wil adverteer en nié vir algemene navrae nie. Voltooi die vorm onder “KONTAK ONS” vir algemene navrae.

    Hoekom moet jy op Pretoria FM adverteer?

    • Ons is een van die grootste gemeenskap radiostasies

    Ons is een van die grootste gemeenskapsradiostasies.

    Ons bereik oor die 350,000 luisteraars in Gauteng

    Ons bereik oor die 350,000 luisteraars in Gauteng.

    Ons programme word op kleiner plaaslike radiostasies uitgesaai

    Klankkoerantprogramme word ook op kleiner plaaslike radiostasies uitgesaai.

    • Ons programme word op kleiner plaaslike radiostasies uitgesaai

    Ons is maklik bereikbaar op verskillende platforms regoor Suid-Afrika.

    Pretoria FM Dekkingskaart

    Pretoria FM Dekkingskaart

    Pretoria FM toekennings

    South African Radio Toekennings 2020

    Pretoria FM ontvang sewe benoemings vir die 2020 Radio Awards-toekennings, waaronder die gesogte nominasie, GEMEENSKAPSRADIOSTASIE VAN DIE JAAR asook gemeenskapsprojek van die jaar, nuus-en aktualiteitsprogram, twee nuusleser nominasies asook promosiegeleentheid van die jaar. Pretoria FM se administratiewe bestuurder, Linda van Schalkwyk is ’n medewenner van die Radio Awards se Stasiebestuurder se Keuse-toekenning. Hierdie toekenning is ’n eerste vir die Suid-Afrikaanse radiobedryf en is deur die Radio Awards geskep om erkenning te gee aan diegene agter die skerms – enigeen wat ’n onontbeerlike rol in die radio speel, maar nie op die lug is nie. Dit is die eerste keer wat dié spanlede die geleentheid kry om erken te word vir hulle bydrae

    South African Radio toekennings 2019

    Pretoria FM het finaliste in 5 kategorieë opgelewer vir die jaarlikse Liberty Radio toekennings in 2019. Die stasie was een van die finaliste vir die MyStasie-toekenning vir die stasie met die mees lojale luisteraars. Die veteraan-omroeper van Pretoria FM Heinrich Marnitz, is ook opgeneem in die Heldesaal van die Radiowêreld. 'n Eer wat slegs jarelange radiolegendes te beurt val. Behalwe vir bogenoemde, het drie programme/projekte ook as finaliste in hulle onderskeie kategorieë uitgestyg. Die OmGEEwingsprojek van Pretoria FM in samewerking met KingPrice versekering en verskeie skole in Pretoria, staan onder leiding van Carly Fritz en is 'n finalis in die gemeenskapsprojekte afdeling. Klankkoerant Bylaag 'n daaglikse program onder leiding van Estel Terblanche is 'n finalis in die kategorie dagtyd-programme.

    Current track

    Title

    Artist