Pretoria FM Vasbytfonds
Dit het pas bekend geraak dat verskeie Afrikaanse gemeenskapsradio’s selfs sukkel om hulle personeel te betaal en salarisse tot slegs 25% van normale salarisse gesny het. Afrikaanse Gemeenskapsradio is noodsaaklik vir die voortbestaan van ons taal en gemeenskapslewe.
Pretoria FM het besluit om te help. Ons help reeds die afgelope aantal jaar verskeie Afrikaanse gemeenskapsradio’s met inhoud en inkomstestrome. Ons wil hierdie hulp voortsit, uitbou en versterk. Daarom het ons ‘n fonds gestig om Afrikaanse gemeenskapsradio’s te help.
Lewer vandag jou bydrae tot die voortbestaan van Afrikaanse gemeenskapsradio deur ‘n skenking aan:
Die Pretoria FM Vasbytfonds
ABSA bank
Rekeningnommer: 905 549 6744
Takkode: 632 005
Sms ons by 47887 as jy ‘n inbetaling maak en laat weet ook jou vriende.
Deur hande te vat sal ons hierdie krisis oorkom. Pretoria FM, waar ons hoop, glo en leef, in Afrikaans.