Pretoria FM samel weer bloed in: Wil vanjaar die eenhede verdubbel

Deur on

Pretoria FM bied weer soos verlede jaar ‘n bloedskenkgeleentheid saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens aan ter bewusmaking van Internasionale Bloedskenkerdag op 14 Junie.

In 2023 kon ons 125 eenhede bloed in samel, máár met ekstra personeel van die SANBD en bykomende toerusting wil ons die getal verdubbel.

Vanjaar betrek ons twee laerskole, AfriForum en maatskappye om op te daag op die dag met ‘n gelukbringerkostuum. Elke betrokkene gaan sy kliënte of gemeenskapslede aanmoedig om vir hulle gelukbringer te stem. Een skenking = een stem.

Ons gaan darem nie dat die minstens 10 gelukbringers net rond drentel nie. Hindernisse en uitdagings wag ook op hulle.

Wat is die prys? ‘n Pretoria FM-buiteuitsending ter waarde van R30 000

Só kom skenk bloed en stem vir ondermeer ‘n skaap, ‘n by, koei, eekhoring, en selfs ‘n tand.

Vrydag 14 Junie 2024 van 10:00 tot 17:00 in die piazza van Loftus Park, Arcadia. Sien jóú daar.


Current track

Title

Artist