10 Mei 2022
President Cyril Ramaphosa was vol lof vir die mynbousektor en sê dat dié bedryf besonder veerkragtig was ten spyte van die Covid-19 pandemie.
Ramaphosa het vanoggend tydens die mynbou-indaba in Kaapstad gepraat en sê die bedryf het die beste groei in 2021 getoon.
Hy het benadruk dat die pandemie wel ook ‘n invloed op mynbou gehad het, maar dat die bedryf weerstand gebied het en getoon het hoe taai dit kan wees.
Mynbou het verlede jaar groei van 11,8% getoon – wat die meeste was van alle industrieë in die land – vir dié kalenderjaar.