President Cyril Ramaphosa glo deur spioenasie program geteiken

Deur on

21 Julie 2021

President Cyril Ramaphosa se selfoonnommer het opgeduik op ‘n lys van staatshoofde wat geteiken is vir moontlike nasporing.

Die Israeli sagtewaregroep, NSO het ‘n spioenasie program genaamd Pegasus ontwikkel, waarmee daar op mense gespioeneer is.

Die sagteware word glo op ‘n persoon se selfoon geïnstalleer, sonder dat die persoon daarvan bewus is.

Rwanda het glo in 2019 die NSO gevra om op president Ramaphosa te spioeneer.

Die nie winsgewende-groep, Forbidden Stories het die spioenasie-storie onthul, en berig onder meer dat daar versoeke vir spioenasie was vir 14 staatshoofde, insluitende Franse president Emmanuel Macron, Pakistan se Imran Khan, asook vir honderde ander regeringsamptenare.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier


Current track

Title

Artist