fbpx

Presidensiële swartsmeerdery van Afrikaner uiters gevaarlik

Deur on Mrt 11, 2020

Nuuskommentaar: 11 Maart

Met president Cyril Ramaphosa se verkiesing as eers ANC-president, en daarna staatspresident, het min Afrikaners stellig kon glo dat die president so absoluut onkundig oor die Afrikaner sou kon wees. Trouens, Afrikaners het oor die algemeen so aan die Ramaforia deelgeneem dat sommiges nog desperaat daaraan klou. Die Zuma-herinneringe het net te erg gekleef.

Maar die ontnugteringsproses het gou gekom. Sy agterna-aanvaarding om die eeufeesviering van die Afrikanerbond het tot nog ’n ontnugtering gelei – sy toespraak het duidelik tekens getoon dat hy min van die Afrikaner weet. Dit het gou geblyk hy glo die narratief oor grondbesit wat die ad hoc-komitee oor eiendomsbesit as die “Groot leuen” gedoop het. Of hy dit self werklik glo, of bloot so aandui ter wille van die konsolidering van sy posisie is almal se raaiskoot. Navorsing dui immers daarop dat 85 persent van swart mense glo wit mense het aan hul grond gekom deur dit van swart mense te steel. Dié persentasie was aan die styg, en is nou stellig al veel meer.

Toe het Ramaphosa ontken dat plaasaanvalle en plaasmoorde in SA ’n probleem is – of so verstaan die meeste mense dit. Sy weergawe van die Bloedriviergebeure tydens twee agtereenvolgende Versoeningsdagtoesprake was skokkend. Ramaphosa se voorganger se geskiedenis- en veral aardrykskunde was skokkend, maar in die onlangse weeklikse nuusbrief gaan Ramaphosa verder en stoot Zuma van sy troontjie van denkbeeldige geskiedenis.  Volgens hom het die koloniste aan die Kaap hulself met die Pokke-teenmiddel wat uit Java ingevoer is teen die 1713 pokke-epidemie gedokter en die Khoi-San effektief aan hul lot oorgelaat. ’n Teenmiddel teen Pokke is egter eers byna ’n eeu later ontwikkel.

Of Ramaphosa self vir die wanvoorstellings verantwoordelik is, en of hy deur swak adviseurs bedien word – die huidige situasie kan nie onbepaald voorduur nie. In die eed wat die president met die aanvaarding van die amp aflê, onderneem hy immers om die regte van alle Suid-Afrikaners te beskerm en te bevorder. Voorts om geregtigheid teenoor almal te laat geskied, en sal toewy aan die beste belange van alle Suid-Afrikaners. Die grondgrypplanne sonder vergoeding en uitsluiting van blankes uit die deel in die buit, kan nie met die grondwet en eed versoen word nie.

Na die werklike oorsake vir die mislukking van bestaande en ouer grondhervormingsplanne, soos korrupsie deur die amptenare, al by herhaling uitgewys is, word die misplaaste blaam steeds op die kommersiële landbou se skouers gepak.

Gaan dit nie dalk nodig word vir Afrikaanse en Afrikaner-organisasies om op sterkte van die ampseed en die bewese verbreking daarvan, die howe te nader om ’n hofbevel te verkry om ’n versoeningsberaad aan die president op te dwing nie. ’n Beraad waarvan die stuktuur en prosesse ook deur die hof oorweeg en goedgekeur word om te voorkom dat die regering weer ’n Kliptown op die deelnemers te trek waar net die regering se narratief erken word. Ander, doeltreffender planne kan ook gemaak word.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist