Premier sê skade ná taxi-staking is nie net monetêr nie

Deur on

11 Augustus 2023

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die kostes van die skade na die verwoestende taxi-staking word nog bereken, maar meen dat die skade nie net monetêr van aard is nie.

Hy sê die ware kostes is die verlies van lewe, skade aan infrastruktuur en die ekonomie, asook die verlies aan onderrig van duisende skoliere. 

Die staking, wat sedert verlede week Donderdag in die provinsie verwoesting gesaai het, het gisteraand tot ‘n einde gekom. 

Tien Golden Arrow-busse, verskeie vragmotors en privaat voertuie is aan die brand gesteek en verskeie openbare fasiliteite is beskadig. Vyf mense is ook tydens die onluste dood.

Die taxi-vereniging, Santaco, se adjunk-voorsitter, Nceba Enge sê die taxi-bedryf het ook groot skade gely. Hy sê die skade aan die bedryf is nagenoeg R120-miljoen.

Foto: Cape Town press club.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Current track

Title

Artist