Die polisie in Noordwes het nog twee verdagtes in hegtenis geneem weens die ontvoering van die 17-jarige Zahraa en 19-jarige Bataviya Mohammed.
Die tieners is op 6 Maart in Brits ontvoer terwyl hulle onderweg was skooltoe.
Hulle is Maandagaand by ‘n huis in Klipgat, naby Winterveldt, gevind en lede van die multi-dissiplinêre taakspan het ses verdagtes, wat ‘n polisie-sersant van die Letlhabile Speurtak insluit, in hegtenis geneem.
Hulle sal na verwagting môre in die Brits Landdroshof verskyn.
Die provinsiale polisie-woordvoerder, brigadier Sabata Mokgwabone sê ‘n sewende verdagte, die 48-jarige Humphrey Martin, is kort na die ontvoering in Johannesburg vas getrek. Hy het reeds in die hof verskyn.